Chevon at Home

Chevon at Home Graceful homemaking, motherhood & wellness — led by faith & love �

02/04/2026

5am thoughts 🤍

It’s 5am. I am tired in a way that sleep alone cannot fix.

My body is carrying life, while my arms are carrying a sick toddler who doesn’t understand why he feels the way he does. The crying, the congestion, the discomfort — it all fills the room, and somewhere in between, I feel myself getting overwhelmed.

I am overstimulated. Touched out. Needed in every direction.

And yet, I love them so deeply.

There is this tension in my heart — wanting to give my very best to each of my children, but feeling like I am falling short everywhere at once. The house needs attention. The children need attention. My body is in pain. My mind is tired. And sometimes it feels like I could lose control at any moment.

But today I realize something important:

This is not failure.
This is a nervous system under pressure.

I am not “too emotional.”
I am overwhelmed, under-rested, and carrying more than one person should carry at once.

And in the middle of it all, I find myself whispering short prayers:
“Lord, help me.”
“Lord, give me patience.”
“Lord, I don’t know what to do.”

They feel small… but maybe they are not.

Maybe this is what dependence looks like.

Your Word says:
“Come to Me, all who are weary and burdened, and I will give you rest.” — Matthew 11:28

Lord, I am weary.
And I am coming.

Not with long prayers.
Not with perfect quiet time.
But with open hands and a tired heart.

Right here, in the noise, in the crying, in the undone tasks —
You are still near.

Today, I release the pressure to be everything.

I will choose presence over perfection.
Connection over control.
Rest where I can, even if everything isn’t done.

I am still a good mother in this moment.

And You are still a good God.

Sondag­aand, toe ons die kinders in die bed sit, vra ek hulle wat hulle by die Sondagskool geleer het. Hulle sê toe dis ...
05/03/2026

Sondag­aand, toe ons die kinders in die bed sit, vra ek hulle wat hulle by die Sondagskool geleer het. Hulle sê toe dis uit Johannes 3:16.

Kian sê:“John 3:16 – For God so loved the world that He gave His only begotten Son, that whoever believes in Him shall not perish but have everlasting life.”

Hul pa vra toe of hulle verstaan wat dit beteken, en toe begin die gesprek interessant raak. Kian sê die wat glo, sal nooit doodgaan nie. Sy pa verduidelik toe dat ons liggame verganklik is – dit hou nie vir ewig nie – maar ons siele sal nooit vergaan nie. Maar die skrif sê ook ons moet nie net glo nie… ons moet Jesus uitleef.

Selfs sussie het ’n paar vrae gevra oor die dood en oor die lewe, en ek het besef hoe kosbaar hierdie gesprekke met ons kinders is. Ons het saam gebid, en hulle het rustig gaan slaap.

Ons nannie, my ouma se suster, is bietjie meer as ń week gelede oorlede. Partykeer sien ek haar in my gedagtes, hoe sy nou weer lekker met my ouma gesels wat tydens Covid gesterf het. En ook saam met hul mans en my tannie wat laasjaar aan kanker oorlede is. Sorgvry. Sonder pyn. Doodgelukkig in die hemel. Johannes 3:16 beeld dit vir my so mooi uit. Ek weet hulle is daar, want hul lewens het dit uitgeleef.

Ek het net weer besef hoe belangrik dit is om tyd te maak om met ons kinders oor die Woord te gesels. As ons dit nie doen nie, kan hulle dit maklik verkeerd verstaan, en die wêreld maak dinge soms net deurmekaar.

Gesinsgodsdiens voel partykeer soos iets van die verlede — waar ons saam Bybel gelees en oor die Woord gesels het.

Dalk is dit tyd dat ons dit weer terugbring… al is dit net ’n klein gebed of ’n eenvoudige gesprek voor slaaptyd. 🤍

🤍 My dag met JesusEk het altyd ged**k ek moet ’n spesiale tyd vasmaak om my Bybel te lees en om te bid. Die laaste tyd h...
18/02/2026

🤍 My dag met Jesus

Ek het altyd ged**k ek moet ’n spesiale tyd vasmaak om my Bybel te lees en om te bid. Die laaste tyd het dit my baie gepla, want ek kom dan net nie daarby uit nie. In die seisoen van moederskap waarin ek my tans bevind, het stiltetyd baie verander van toe ek nog ’n jong, ongetroude meisie was.

Om 1-uur gisteroggend — eintlik nog middernag — maak ons 1-jarige ons wakker. Sy pa staan op en tel hom uit sy kot. Hy sit, staan en stap op en af met hom op sy skouer om hom weer aan die slaap te kry.

Intussen kom ons dogtertjie kamer toe, dalk wakker gemaak deur die gehuil, en vra of sy by ons kan kom lê. Ek vat toe vir sussie en gaan lê saam met haar op haar bed.

Na seker ’n halfuur hoor ek nog steeds hoe baba stry teen die slaap. Dis al half 2. Ek staan toe op en gaan help vir Pappie. Pa kruip die keer by sussie in.

Nadat ek my babakind bedaar het, sit ek met hom op my skoot en sing sy geliefkoosde liedjie, “Away in a manger”. Hy raak rustiger en begin gaap. Ek besluit om hom in die kot te lê en sit op ’n kussing langs die kot terwyl ek hom pat en sing.

Dit hou vir byna ’n uur aan, want sodra ek ophou sing of my hand wegvat, is hy weer wakker.

Net daar op die vloer roep my moederhart uit:
“Here, help my.”

’n Kalmte kom oor my wat ek nie kan beskryf nie. Terwyl ek sing, worship ek. God is hier. Ek kan dit voel. Teen 3-uur slaap baba uiteindelik.

5-uur gaan ons wekker af. Tyd vir mamma om kosblikkies te pak en kinders reg te kry vir skool. Terwyl ek hul kos pak, bid ek:
“Here, beskerm vandag my kinders en my man wanneer hulle uit die huis uit gaan.”

Toe hulle 6-uur vertrek, gee die Here my nog ’n uurtjie om te slaap voordat baba weer wakker word.

Later hang ek wasgoed op — klein hempies en broekies wat al hoe groter raak. Wie sou d**k wasgoed ophang kan soveel vreugde bring?

“Baie dankie, Here, vir hierdie klein lyfies wat hierdie klere aantrek. Dankie vir gesonde kinders wat in die modder kan speel, want mamma sien die vlekkies wat weier om uit te kom.”

My hart loop oor van dankbaarheid.

Terwyl die kinders by die skool is, ry ek en my man ’n paar draaie. Ons 1-jarige sit mooi in sy karstoel en raak aan die slaap. Worship-musiek speel, en ek sing saam en wy my hart aan my Vader.

Toe ons by die huis kom, sit ek nog ’n rukkie in die kar met die aircon aan en wag vir hom om wakker te word. Net nog ’n oomblik om asem te haal.

So gaan die dag aan — kinders optel, etenstyd as ’n gesin, badtyd, slaaptyd. Voor die kinders in die bed klim, sit ons al vyf vir ’n oomblik saam. Ons oudste bid:
“Here, baie dankie vir ’n wonderlike dag.”

Toe besef ek: stiltetyd het verander, ja. Maar hoe kosbaar is dit dat Jesus saam met my deur die dag stap. Elke taak, elke oomblik wat aan Hom toegewy is, is steeds aanbidding.

Later die aand maak ek my Bybel oop om te lees… en Hy was nog die heeltyd daar.

Mammas, ons hoef nie skuldig te voel as ons nie meer stiltetyd het soos voorheen nie. God ontmoet ons daar waar ons is. As ons Hom herken en erken in ons daaglikse take, word ons hele dag aanbidding.

Kolossense 3:17
“En wat julle ook al sê of doen, doen dit alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.”

28/11/2025

Feels like its festive. Preparing a lekker chicken potjie while kids are swimming. 🥘😋

A little wind, a little grace and a whole lot of love 💕
25/11/2025

A little wind, a little grace and a whole lot of love 💕

17/11/2025

Its been rainy weather lately, and who doesn’t like soup in rainy weather 😂🙈 hope you enjoy!

12/11/2025

Sunday lunch is family time. Blessed week to everyone!

20/09/2025

Why Exfoliating Matters?✨

Dead skin = dull skin. Exfoliating regularly clears away dry, flaky cells to:
✔ Reveal smoother, glowing skin
✔ Help moisturisers absorb better
✔ Prevent breakouts + blocked pores

🔁 Do it 1–2 times a week for best results — your skin will thank you!

✨ Glow & Nourish Bundles are here! ✨Whether your skin is dry, normal, combination, or oily, we’ve got a bundle for YOU! ...
19/09/2025

✨ Glow & Nourish Bundles are here! ✨

Whether your skin is dry, normal, combination, or oily, we’ve got a bundle for YOU! 💕

🌿 Velvet Hydration – Dry Skin
Keep your skin soft, nourished & glowing ✨

🌸 Balanced Beauty – Normal/Combination Skin
Fresh, hydrated & perfectly balanced 🌼

💧 Clear & Calm – Oily/Acne-Prone Skin
Fight oil & breakouts while staying hydrated 💦

💡 Add-on Night Creams & Treatments available!

💰 DM to order your bundle today – limited stock available!
📦 Ready to deliver.

Address

Windhoek

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Chevon at Home posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category