06/06/2026
Amper in die hartjie van die winter, maar steeds verras die tuin ons met sy skoonheid.
Bloemspruit Tuinbouklub het by Sewedamme gaan kuier. Ná ons eerste ordentlike kouefront in die Vrystaat is ons weer herinner aan die ongenaakbare winters waarvoor ons streek bekend is. Tog bring hierdie seisoen ook 'n tyd van rus, beplanning en verwagting mee.
Terwyl die natuur voorberei vir die koue maande wat voorlê, droom en beplan ons reeds vir die nuwe seisoen wat wag. Selfs in die winter is daar nog kleur, inspirasie en die belofte van nuwe groei.