Doen dit Rêrig jouself

Doen dit Rêrig jouself Home Tips on how to get things done yourself or finding the right contractor if you can’t.

‘n Vlooi in die kooiSo ‘n week voor die koop van die nuwe huis finaal deur is, kontak die eienaar my uit Europa. Sy en h...
22/03/2025

‘n Vlooi in die kooi

So ‘n week voor die koop van die nuwe huis finaal deur is, kontak die eienaar my uit Europa. Sy en haar man travel nou oral in ‘n camper en lewe hul beste afgetrede lewe in minimalistiese eenvoud. Dierbare Tannie. Sy vertel my hoe om die sproeiertjies in die tuin aan en af te sit, die alarm se kode en hoe om die dammetjie agter skoon te maak. Die verdomde huurders het blykbaar al haar vissies laat vrek en nie mooi na haar blommetjies gekyk nie. Laastens wil sy ook net vir my noem dat die vlooi problem uitgesorteer is. (…..?) Ja, sê sy. Nie te kommer nie Hartjie, haar dogter het Karbadust op die matte kom gooi en 2 kannetjies foggers laat afgaan. (….!?). Die verdomde huurders se katte blykbaar.
Nou kyk, ek glo onder minder stresvolle omstandighede, as die trok met al ons aardse besittings nie oppad was nie, sou die foggers vir my voldoende gewees het. Maar op daardie stadium, vlieg my vingers toe oor my foon vinniger as wat ‘n tiener SnapChat, opsoek na iemand in ‘n geel bio-suit wat lag in die gesig van vlooie.
Pest Control Specialists is gelukkig Nasionaal.. ek ken hulle.. het al baie met hulle gewerk in die Laeveld. Mens gryp mos maar na die bekende in ‘n krisis. Het bietjie gesukkel om by die regte tak uit te kom wat Durbanville diens (hoe moet ek op daardie stadium as inkommer weet wat onder die Northern Suburbs val!) Maar die manne het gekom (ongelukkig geen bio-suits nie) en die probleem vir my uitgesorteer. Dankie. Geen vlooie in my kooi welkom nie!

You can also follow on Instagram to see more.
19/03/2025

You can also follow on Instagram to see more.

18/03/2025

1 Followers, 24 Following, 1 Posts - See Instagram photos and videos from Doen dit Rêrig Jouself ()

17/03/2025

Môre almal, ek is Lari. Lari van Doen dit Rêrig Jouself.
Vandag se post was bedoel om ‘n video post te wees, maar na ek ‘n halfuur ge-fret het oor moet ek besorg wees oor my make-up, hare en beligting, het ek besluit. Skroef dit! (DIY hardware pun intended) ek weet inelkgeval niks daarvan af nie, so ek skryf eerder vandag.
Én dit was vreeslik senutergend.. met niemand voor my nie!
Vir vandag se tip, wil ek graag eers bietjie agtergrond skets…
Die agent handig toe nou die sleutels tot ons nuwe huisie in Durbanville oor, laat een Vrydag middag. Die trok was geskeduleer om ons trek die Maandag af te laai, al die pad van Nelspruit af, en ek was ge-gear met skoonmaakmiddels en -toerusting om alles silwerskoon te kry voor dan.
So met die hewige skoonmaak wat ek toe nou toepas in die een badkamer (tussen ons, ek het bietjie van ‘n fobie vir vreemdelinge se body-hairs in my badkamer) moes ek toe nou die toilet ‘n paar keer spoel. Ek was net oppad uit, baie tevrede met my poging, toe ek die vreesaanjaende geluid van lopende water hoor. Nee.. Die duck tape teen die kant van die bak moet verseker nog effektief wees! Maar dit was nie, en terwyl ek spartel om die kraantjie toe te draai (moet hulle altyd so styf toegedraai wees!?) flood die badkamer.
Kry toe, dankie Vader, ‘n noodplumber op google om die toilet te kom vervang.
Maak maar altyd EERS die prys vas voor jy hom die go-ahead gee.. want hy hoor tien teen een die desperaatheid in jou stem. Gelukkig was hy toe reeds in transit en gou by die huis. So, terwyl die ou en sy sidekick besig is, moes my seun gehaal word. Spring toe gou in die kar en met die terugkeer sien ek dat die manne se bakkie weg is. Mmm, dit was vining.
Kom onder in die badkamer, en die nuwe toilet is pragtig geinstalleer… en in die middel van die badkamer.. staan die ou toilet.
Nou ek het die ding probeer optel, hy het skaars ge-budge.En al kon ek hom optel, daar was nie ‘n manier hoe ek hom die trappe sou kon uit dra nie. Hoe raak ‘n mens onslae van ‘n skukkende toilet!? Facebook Marketplace gaan nie werk nie.. wat sit ek in die beskrywing!?
So na ek ‘n paar nagte om die Wit Olifant moes navigate om te gaan piepie, en myself vreeslik jammer gekry het oor ek nie ‘n bietjie muscle in Boerboel shorts naby het om te help nie, het ek die verwer omgekoop om die gebroke troon te kom haal met ‘n vriend van hom se bakkie.
So hiermee vandag se baie belangrike tip.. As jy ‘n nood plumber moet kry, maak die prys vooraf vas.. en maak seker dat hy die Wit Olifant saamvat oppad uit.

Call now to connect with business.

16/03/2025

Aan almal wat nuut is tot Durbanville, Hi, ek is ‘n fellow newbie. As jy soos ek, angstig en oorweldig is deur die nuwe omgewing en mense.. ek voel jou pyn. Hulle sê trek is een van die mees traumatiese ervarings wat iemand kan beleef. Om alles en almal te los wat jou laat veilig voel, opsoek na iets.. beters..
Vir my was dit ‘n skool vir my jongste seun. Hy is 12 jaar oud en het al ‘n tawwe paadjie gestap. Leeruitdagings is nie vir sussies nie, en glo my, hy is tough.
So uit nood het ons hierdie groot stap gevat Kaap toe en waar my storie vir hierdie blad begin.
Huis soek in Durbanville is ‘n ander perd, en na ek my naels alles afgebyt het en my knieë stukkend gebid het, was ons BAIE geseënd met ‘n huis naby die skool. (Ek verstaan nou hoekom dinge eers na 10 in die oggend gebeur in die Kaap. Almal kom dán eers by die werk uit!)
Saam met ‘n nuwe huis (in ons geval ‘n duplex in ‘n kompleks) kom die regmaak werk. En as dit ‘n ou dame van ‘n huis is, baie regmaak en gereëlde herstelwerk.
Die groot herstewerk wat ek aanvangklik moes doen, het probleem op die volgende probleem onthul, en na baie geld en fights met kontrakteurs, het ek besluit..That’s IT. My Daddy raised NO fool.
Ek gaan SELF probeer VOOR ek weer Ginikoloog tariewe moet betaal vir ‘n plumber of handyman.
Ek gaan videos post van klein goedjies wat ek self leer doen het (YouTube laat alles maklik lyk), en goed wat ek in die proses is van doen. En as dit op daardie stadium ‘n total fail is, dan weet jy ten minste wat nie om te doen nie.
Ek is (nog op hierdie stadium) werkloos, ‘n enkel Ma en gladnie gekwalifiseerd in enige vorm van DIY of plumbing nie.
As ek 1 ander Mamma of jong meisie kan help om geld te spaar en haarself te empower, dan gaan ek dit sò doen. Of leer uit MY foute dan.
Ek het ook besluit om met julle te deel, die good-guy kontrakteurs, wat die balls het om die ware eindresultate van hulle werk te deel en nie net mooi foto’s op hulle pages nie.

Address

Cape Town

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00
Saturday 09:00 - 13:00

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Doen dit Rêrig jouself posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share