Nico Dreyer Landscaping

Nico Dreyer Landscaping We specialize in landscaping, garden planning, garden structures/features and offer 2D and 3D designs to assist informed planning for our clients.

Here at Nico Dreyer Landscaping we strive to ensure that your dreams become a reality. We specialize in landscaping, garden planning, garden structures and features with a diverse and highly skilled team who are passionate and dedicated to quality projects. We offer 2D and 3D design work which is drafted in true scale and is intended to serve as absolute instructions for our team. There is nothing quite as satisfying to us, as viewing your masterpiece take life before we even break ground.

Ek deel so paar projekte wat ons deur die jaar gedoen het...feetjietuine/ skaakborde/ display tuine/ amfiteaters en nog ...
01/11/2025

Ek deel so paar projekte wat ons deur die jaar gedoen het...feetjietuine/ skaakborde/ display tuine/ amfiteaters en nog meer
Hoop daar is inspirasie te vinde...

Hulle sè hoe ouer jy raak hoe meer tyd spandeer jy op die agterpaaie...ek deel sommer so paar tuine uit my jongdae
22/02/2024

Hulle sè hoe ouer jy raak hoe meer tyd spandeer jy op die agterpaaie...ek deel sommer so paar tuine uit my jongdae

Ons nooi almal uit eerskomende Saterdag na ons opedag...
07/02/2024

Ons nooi almal uit eerskomende Saterdag na ons opedag...

Dit is nou meer as n jaar wat ons Eco Swembad aan die gang is. Die plante begin volume kry wat duidelik in die water se ...
04/02/2024

Dit is nou meer as n jaar wat ons Eco Swembad aan die gang is. Die plante begin volume kry wat duidelik in die water se kwaliteit gesien kan word. Die 3 visse wat die miskiete moes opeet het uitstekende werk gedoen...asook uitstekend voortgeplant. Meer as 40 laat nou my swembad soos n koidam lyk. As iemand raad het hoe om hulle te vang,laat weet asb. Ged**k om maar n groot barber in te gooi...

Die ontwerp en bou van n mini gholf  baan( put put) was nog altyd ñ droom van my...Dankie aan Suritha en Woodland Hills ...
06/06/2023

Die ontwerp en bou van n mini gholf baan( put put) was nog altyd ñ droom van my...
Dankie aan Suritha en Woodland Hills wat my daarmee vertrou het.

Wanneer ñ kliënt vir n gryskop landscaper vra om ñ "feetjie " tuin te maak,  moet daar diep gegrawe word. Behalwe dat n ...
01/06/2023

Wanneer ñ kliënt vir n gryskop landscaper vra om ñ "feetjie " tuin te maak, moet daar diep gegrawe word. Behalwe dat n man nou " kleinmens" moet d**k, moet jy boonop ook "kleinmens meisiemens" in jou innerlike kind verbeelding oproep. Wel, eers moes n feetjie boom gesoek word...wat is nou mooier as n oupa Olienhout. Die feetjies moet nou nessies kry en natuurlik n paar irriterende kabouters...

Die projek lê my na aan die hart (my bankbalans se hart is ongelukkig gebreek)...Na jare se gesukkel met chloor, floater...
12/01/2023

Die projek lê my na aan die hart (my bankbalans se hart is ongelukkig gebreek)...Na jare se gesukkel met chloor, floaters, ñ creepy (wat eerder ñ "staking" moet heet) het ons besluit op ñ "Eco" swembad...geen chloor, min krag en jou eie vleiland in jou agterplaas. Die water word deur n mini "vleiland" gepomp waar mikro organismes en plante die water suiwer. Die gefilterde water spoel dan oor in die swemarea waarvan dit weer terug gepomp word na die vleiland...Die biologiese sisteem vat n paar maande om ten volle te aktiveer, waarna die water so helder en skoon raak dat jy jou tone onder op die bodem kan bewonder.
Vir ons is dit nie net n afkoel plek nie, maar ñ stukkie natuurskoon. Laatmiddag haal ons die kampstoele uit, maak die bekers vol moerkoffie, skoene uit en oë salig op die naaldekokers en vlêrmuise wat afduik oor die stukkie natuur...

Ons beplan weer ñ Bloem  "vetplant tuinetoer" eerskomende Saterdag (19 Nov.) Dit is heeltemal gratis...Indien jy belangs...
14/11/2022

Ons beplan weer ñ Bloem "vetplant tuinetoer" eerskomende Saterdag (19 Nov.) Dit is heeltemal gratis...Indien jy belangstel kan jy my kontak of whatsup (082 371 6018) vir verdere reëlings

Nog ñ klein tuin/ ruimte...die plante het nog tyd nodig om die area te versag. Die terasse, trappe en paadjie wat die ar...
13/11/2022

Nog ñ klein tuin/ ruimte...die plante het nog tyd nodig om die area te versag. Die terasse, trappe en paadjie wat die area in twee opdeel gee ñ baie ruimer gevoel as voorheen.

Ek deel sommer so paar klein tuine/ spasies...vertikale elemente laat klein spasies baie groter vertoon. Dankie Alex en ...
09/11/2022

Ek deel sommer so paar klein tuine/ spasies...vertikale elemente laat klein spasies baie groter vertoon. Dankie Alex en Julie...hoop julle boma vat julle bosveld toe.

Die projek se uitdagings was die helling, om "waterwise" te eindig en om nie die straat se wit konyn raak te ry nie...Da...
11/10/2022

Die projek se uitdagings was die helling, om "waterwise" te eindig en om nie die straat se wit konyn raak te ry nie...
Dankie Marius en Lizeth...sekerlik van die rustigste kliënte met wie ek in jare gewerk het. Voorreg om saam julle die projek te kon doen.

Address

Dan Pienaar Ryln 75P Heuwelsig
Bloemfontein
9301

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:00
Tuesday 08:00 - 16:00
Wednesday 08:00 - 16:00
Thursday 08:00 - 16:00
Friday 08:00 - 16:00
Saturday 08:00 - 13:00

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Nico Dreyer Landscaping posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share