05/09/2026
Plaasmoord Gedig
Die nag is swart dis donkermaan
ek kan nie meer sien wat aangaan,
alleen en afgeleë hier op ons plaas
is ek nou snags nie meer die baas.
Ook hier oor my geliefde grond,
sluip troppe moordenaars vry rond,
vol haat en afguns bly hul loer
na die bestaansreg van die Boer.
Onrustig gaan ek aan tafel sit
begin op God vertrouend bid:
“O Heer, wil U ons hier bewaar
teen elke onheil en gevaar.”
Maar skaars was hierdie woorde koud
toe hoor ek die gebreek van hout,
ons agterdeur word oopgeskop
toe kon niks hul geweld meer stop.
Soos wolwe storm hul op ons af
terwyl hul wild en wakker blaf,
gewere word op ons gerig
hul grynslagte is bloeddorstig.
My hand soek self na sy geweer
om hul uit wanhoop af te weer,
ek hoor ’n knal, voel dan die brand,
as pyn skroei deur my ingewand.
My knieë knak tot ek omval
’n oomblik voor hul my oorval,
hul kap en steek met groot venyn
ek word gebreek, deurtrek van pyn.
Dof hoor ek my ou vroutjie skree
“Nee los hom uit, O nee! O nee!”
My oë verdof, daar rol ’n traan,
vir ons ou lewens wat vergaan.
Die ander twee gryp haar dan vas
en sleep haar om die kombuiskas
ek hoor haar gil en smeek en pleit
haar skande, pyn, haar sterwensstryd.
’n Goeie vrou, wat net sou sorg, sou gee,
word toe soos vullis weggevee.
“O Heer het ons só end verdien?
Wil U ons in ons nood aansien.”
Die satans brul en juig en jil
oordonder só haar sterwensgil,
dan in ’n oogwink’s als verby
sy sou tot aan die einde ly.
My slotgedagte’s een van spyt
van diep sielsbitter selfverwyt,
ek kon my vrou nie meer beskut
haar red uit hierdie sterwensput.
En wat sal van ons kinders word,
volk magteloos ineengestort-
want vir die Boer’s hier geen asiel-
geliefdeland’s nou sonder siel.
Skrywer
Cmvdh