Agrisec - Pty Ltd - Free State

Agrisec - Pty Ltd - Free State Specializing in farm security, alarms and crimes in rural areas. We also do patrols and guards. We have a locally based controll room with active response.

Agrisec wagte en personeel doen beveiliging by Hoërskool Bultfontein met die wedstryd tussen die Cheetahs en Griquas. 10...
30/07/2025

Agrisec wagte en personeel doen beveiliging by Hoërskool Bultfontein met die wedstryd tussen die Cheetahs en Griquas. 10 wagte en 7 Agrisec personeellede. Dankie elkeen vir julle harde werk. Ons het omtrent bontgestaan 😁

24/12/2024
Misdaad sukses : Op Vrydag 25 Oktober 2024 het ons klagte ontvang van voertuig wat oop gebreek is op plaas op Dealesvill...
27/10/2024

Misdaad sukses : Op Vrydag 25 Oktober 2024 het ons klagte ontvang van voertuig wat oop gebreek is op plaas op Dealesville pad.
Met verdere ondersoek, in samewerking met plaaslike SAPD, is vermiste 9 mm pistool gekry waar dit begrawe is en holster is in woning se plafon gevind.
Vuurwapen met ammunisie en holster gevind en aan SAPD oorhandig met 03 arrestasies.
Samewerking van SAPD was baie goed.

Na aanleiding van onderstaande artikel in Netwerk24.Neem asb kennis dat die beskuldigde NIE by AGRISEC werksaam is NIE, ...
22/10/2024

Na aanleiding van onderstaande artikel in Netwerk24.

Neem asb kennis dat die beskuldigde NIE by AGRISEC werksaam is NIE, en ook nog nooit was nie.

Boere in die Bultfontein-distrik het Maandagoggend saamgekom om te bid vir André van Rensburg (54), ’n veiligheidswag wat in hegtenis geneem is nadat hy twee mans op ’n plaas betrap en glo aangerand het.

07/09/2024

Lekker om sulke teruvoering te kry ❤️

Goeie môre Bultfontein gemeentskap! Vanoggend wil ons van die geleentheid gebruik maak om Herman en sy span van Agrisec, te bedank vir hul vinnige dog uitstekende optrede in die diefstal saak van ons Mahindra Bakkie. Ons Mahindra is uit ons stoor gesteel op Woensdag, 4 September 2024 om 01:50. Omstreeks 09:28 op 5 September 2024 het ons ñ oproep ontvang om ons in kennis te stel en te vra of ons bewus is dat ons voertuig gesteel is. Na ondersoek en bevinding, het dinge vinnig gebeur. Die SAPD is gekontak en ñ saak is geopen. PKRS het gekom en inligting versamel. Herman se konstante opvolg word werklik baie waardeer. Mense, ondersteun asb vir Agrisec!! Hierdie Maatskappy dra werklik Bultfontein gemeentskap se belange op die hart! Sluit aan by hulle en wéét jy word beloon met goeie en vinnige monitoring!! BAIE dankie dat julle omgee!!
Groete.
Hannes & Sophia Prinsloo

05/08/2024

*DREIGENDE PLAAS/DORPS AANVAL*

🚩 *NOOD WENKE*

Hierdie wenke hou verband met
*wanneer ‘n plaasaanval dreig,* maar die meerderheid kan en moet ook daagliks en permanent toegepas word op plase ( *en ook net so in die dorp of stad* )

● Inwoners moet spesiale maatreels tref as ‘n plaasaanval dreig. Doen ‘n evaluasie en tree daarvolgens op.
● Vermy slaapkamers met buitevensters, indien moontlik, in hierdie tyd.
● Maak seker alle vensters, deure en hekke is gesluit en alarm is aan (ook elektriese heining).
● Beveilig ook jou huis met versterkte binne-hekke en deure, veral waar jy slaap / skuil.
● Moet geen brandstof binne bereik in buitegeboue stoor nie, tensy dit goed toegesluit is.
● Koppel ‘n tuinslang aan ‘n binnekraan en hou brandblussers reg om vuur te kan blus in die huis. Dis vir as hulle jou huis aan die brand steek om jou uit te kry.
● Maak altyd seker dat alle selfone in die huis vol gelaai is en genoeg lugtyd het. Maak seker dat jy ALLE noodnommers en bure se nommers op ALLE selfone het.
● Alle 2-Rigting radios se batterye moet ook vol gelaai wees.
● Koppel ‘n paar buiteligte aan ‘n groot 12-volt trekker battery vir noodgeval, sou die krag afgaan.
● Sorg dat jou alarm battery deur die nag kan hou in noodgeval. D**k aan ‘n ”UPS” of ander kragbron om bystand te verleng.
● Koppel ook ‘n baie harde sirene, asook “strobe” lig (flitsende noodlig) of twee hieraan.
● Moet vir GEEN REDE uit jou huis uitgelok word nie!!! Moenie uitgaan na “krag-box” om te kyk wat aangaan as jou krag afgaan nie – kry eers hulp van buite.
● Selfde reel geld as jy water hoor loop in tuin of as iemand “om hulp roep”.
● Baie boere word uit hul huise uitgelok en dan oorval of geskiet, deur ‘n vuur wat iewers brandgemaak is deur die aanvallers – KRY HULP VAN BUITE AF IN!!!
● Moet GEEN vreemdes by plaashuis (of dorpshuis) toelaat nie (dag of nag) Hanteer dit altyd as ‘n moontlike plaasaanval / roof as daar vreemdes per voertuig of voet aankom.
● Roep onmiddelik hulp van buite af in voordat hulle naby jou kom!!! (Reel hierdie dril met jou bure en help mekaar so)
● Moenie reageer op “hulproep” van jou werkers in die nag nie !!!
● Maak ‘n alternatiewe reeling met hulle - in mediese noodgeval byvoorbeeld kan hulle jou bel en jy kan ambulans reel, ens.
● Moet ook nie goedsmoeds vir die “polisie” oopmaak nie - kontak jou naaste polisiestasie en bevestig eers alle detail voor jy reageer. Roep dadelik hulp in as dit verdag voorkom!!!
● Volwasse inwoners moet om die b***t slaap om wag te staan indien nodig.
● Moenie helder ligte binne die huis brand nie. Maak seker dat gordyne goed toegetrek is.
● Vervang badkamerdeur (of ander veilige vertek) met ‘n sterk staaldeur, koëlvas met ordentlike skuifslotte binne - vir klein kinders en oumense om in te skuil indien nodig.
● Versterk ook die vensters (“intruder-proof” glas) en diefwering hier.
● Al het vensters diefwering, sit aan die buitekant “expanded metal” sif diefwering op – dit bemoeilik petrolbom aanval (om die mense uit die huis te kry)
● Hou een of twee nooduitgange waardeur julle kan ontsnap indien nodig.
● Moenie in die aand rondry indien nie absoluut noodsaaklik nie.
● Neem gedurig fotos met selfoon van enige lewe op die pad in die omgewing – verdagte voetgangers en voertuie.
● Hou altyd ‘n pen en notaboek byderhand vir inligting soos registrasienommers en voetganger beskrywings. (deel gereeld hierdie info met jou bure)
● Kyk vir “tekens” by hekke, heinings en paaie!!! Kyk daagliks vir vreemde voertuig- en voetspore.
● Patrolleer veral buite-paaie daagliks en “vee” met ‘n tak of ketting of sakke agter jou voertuig.
● “Vee” veral as julle almal die plaas verlaat agter jou op pad hoofpad toe .. dan kan jy sien wat aangaan as jy terugkeer.
● As almal uit was en julle die opstal nader, kyk vir iets wat nie daar was toe jy gery het nie - voertuigspore, voetspore, sigaretpakkies, stompies, takkies, gras, urineer plekke, ens.
● Kyk of jou honde jou kom verwelkom en kyk na hulle gedrag - waai hulle hulle sterte? Is hulle bang? Is hulle nie daar nie?
● As jy enige onraad vermoed - maak ‘n U-draai en kry spoed en kry hulp in!!!
● As alles veilig lyk en jy ry erf binne, as jou alarm aan is, bly in voertuig en toets eers met “remote” of alarm dalk ge-”trigger” was voordat jy parkeer en uit voertuig uitklim .. hou jou opsies oop te alle tye.
● As alles veilig lyk en jy nader die huis te voet, hou jou vuurwapen(s) gereed!!!
● Kyk steeds vir “iets verdags” en moedig jou honde aan om te snuffel. Kyk of daar niemand in moontlike skuilplekke is nie.
● Met die oopsluit - as jy ‘n alarm het behoort dit veilig te wees, maar laat in elk geval jou honde eers deur die huis gaan voordat jy ingaan.
● Bel jou bure, Plotwag of Plaaswag as jy iets vreemds gewaar, al is dit net oor ‘n deurloper of vee wat bondel of honde wat onrustig is.
● Vergewis jou met jou bure se bewegings en verwittig hulle van jou doen en late.
● *Jou beste hulp bly reg langs jou!!!* (2-Rigting radios is eintlik absoluut noodsaaklik hier!!!)
● Raak van alle oortollige los eiendom ontslae wat “begeerlike trekpleisters” kan wees.
● Vermy dit om produkte op die plaas te verkoop. Verkoop jou vee eerder direk aan koper / slagpale / vendusie, ens.
● Verkoop vrugte en groente slegs sekere ure, met streng voorwaardes OF beter nog, verkoop dit by die hoofpad / stalletjie.
●Vermy kontant besighede soos ‘n plaaswinkel of sjebeen - dis nie die risiko werd nie!!!
● ‘n Ordentlike alarm-sisteem met Infrarooi-strale of Infrarooi-“ogies” buite in tuin, maar ook by vensters en deure is deesdae ABSOLUUT NOODSAAKLIK!!!
● Sisteem moet gekoppel wees aan veiligheids-maatskappy vir monitering en met gewapende reaksie of instansie soos Plaaswag en jou bure per SMS stelsel.
● Kry ‘n kundige se raad en ontwerp hier in - mens is geneig om belangrike punte mis te kyk by jou eie plek.
● Koppel alarm-sisteem ook aan skerp buiteligte en ‘n “strobe” lig op jou dak .. as alarm “afgaan”, gaan ligte aan.
● Laat slaap klein hondjies, maar ook ‘n groot hond of twee in die huis as jy ‘n aanval verwag (of permanent is nog beter)
● Hou ook ganse buite aan om die buitehonde te help alarm maak - ganse is nie baie goeie wagte nie, want hulle is geneig om baie te raas, maar dis wel ‘n goeie afskrikmiddel.
● Die kombinasie van Infrarooi-alarmstrale, buite alarm sensors, elektriese heining (gekoppel aan alarm), honde en ganse is natuurlik die heel beste.
● As jou buite honde in nag blaf - gaan stel volgende dag ondersoek in, in die rigting waarin hulle geblaf het.
● Kyk vir spore, sit plekke, vuurhoutjies, sigaretstompies, urineer plekke, ens. (GAAN KYK ELKE KEER - dit sal later ‘n patroon begin volg om jou te waarsku!!!)
● As jy wel sulke “tekens” of sit plekke optel, gaan sit daar en kyk terug na jou huis.
● Heel moontlik gaan jy ‘n swak plek sien in jou beveiliging. Dalk ‘n oorklim plek in/by jou elektriese heining, ‘n donker kol op jou werf in die nag, ‘n swak diefwering, ens??
● Kyk deeglik en stap ook in ‘n reguit lyn terug na jou huis toe. Let veral op vir “Afrika tekens” op daardie lyn. Dalk ‘n klip in ‘n boom se mik, ‘n tou of garing of sakkie of lap op jou heining, ens ??
● As jy so iets sien kry dadelik kundiges se hulp in en wees paraat !!
● Slaapvertrek se lig moet uit wees, slegs ‘n bedlamp moet kan aangesit word. (haal die gloeilamp uit)
● Sorg dat jy ‘n ordentlike flits het, maar SLEGS IN ‘N NOODGEVAL, as jy buite lig, hou dit met ‘n langarm weg (sywaarts) van jou lyf af en hou jou liggaam agter ‘n muur.
● Moenie te gou jou posisie met ‘n flits verraai nie.
● As jy kan, te alle tye, sit eerder buiteligte aan en VERMY die flits-ding!!!
● Moenie oorhaastig beweeg nie, staan eers lank in die donker stil en wees geduldig.
● Hou ALTYD 'n muur tussen jou en moontlike aanvallers. Solank jy binne die huis agter mure is het jy die voordeel - gebruik dit!!
● Indien jy ‘n noodoproep van jou buurman sou ontvang, maak seker jy beweeg uit met veiligheid - jy kan ingewag word!!!
● Laat weet ook dadelik ander bure of Plaaswag en SAPD.
● *RAAK ONTSLAE VAN ALLE VREEMDES OP JOU EIENDOM!!!* Onthou hulle kuier oor en weer en is gasvry teenoor vreemdes en GEE INLIGTING UIT!!!
● Werkers kan ook geintimideer word om jou kwesbaar te maak .

*Lees noukeurig deur bogenoemde wenke en probeer dit deel maak van jou daaglikse lewe.*

*Wees Veilig*
*Mag almal n geseënde dag hê*

SUKSESOp Vrydag 03 Mei is klagte ontvang van Agrisec klient van 28 skape wat gesteel is.Patrolliebeampte en Cherize met ...
03/05/2024

SUKSES
Op Vrydag 03 Mei is klagte ontvang van Agrisec klient van 28 skape wat gesteel is.
Patrolliebeampte en Cherize met haar hond is ontplooi na klagte.
Na ongeveer 05 ure se spoor volg met hond is al die gesteelde vee terug gevind paar plase verder.
Baie geluk en dankie aan Cherize en K09 (Maze) met Arthur vir bystand.
AGRISEC
Groete

09/12/2023

*16 Farm attacks, 2 farm murders in South Africa, November 2023*

During the month of November 2023, there were sixteen farm attacks and two farm murders in South Africa.

October 2023, there were eighteen farm attacks and two farm murders in the country.
September 2023, there were fourteen farm attacks and two farm murders.
These farm attacks and murders are often accompanied by extreme violence, torture and r**e and are being openly fueled by black South African leaders in the country.

Farm attacks and Farm murders
2020: 446 Farm attacks and 77 farm murders.
2021: 248 Farm attacks and 43 farm murders.
2022: 156 Farm attacks and 39 farm murders.

2023:
January – 22 Farm attacks and 3 farm murders.
February – 15 Farm attacks and 2 farm murders.
March – 11 Farm attacks and 5 farm murders.
April – 5 Farm attacks and 1 farm murder.
May – 10 Farm attacks and 4 farm murders.
June – 12 Farm attacks and 10 farm murders.
July – 21 Farm attacks and 4 farm murders.
August – 19 Farm attacks and 4 farm murders.
September – 14 Farm attacks and 2 farm murders.
October – 19 Farm attacks and 2 farm murders.
November 2023 – 16 Farm attacks and 2 farm murders.

Address

Bultfontein
9670

Telephone

+27692852658

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Agrisec - Pty Ltd - Free State posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Agrisec - Pty Ltd - Free State:

Share