13/01/2023
Die graadses-juffrou vra vir die klas: “Watter deel van die mens se liggaam vergroot tot tien keer sy normale grootte wanneer dit gestimuleer word?”
Niemand antwoord tot Marie opstaan en sê: “Juffrou mag nie sulke vrae vir graad sessies vra nie. Ek gaan my ouers vertel en hulle sal die hoof vertel en hy sal jou afdank.”
Die juffrou ignoreer haar en vra weer die vraag.
Marie sê vir die kinders om haar: “Sy gaan in groot moeilikheid wees!”
Die juffrou ignoreer haar steeds en vra: “Wil niemand antwoord nie?”
Jannie staan ewe huiwerig op en sê: “Dit is die pupil van die oog?”
“Baie mooi, Jannie,” sê sy terwyl sy na Marie draai en sê:
“En vir jou, jonge dame, het ek drie goed te sê:
“Eerstens het jy baie vuil gedagtes.
“Tweedens het jy blykbaar nie jou huiswerk gedoen nie.
“En derdens gaan jy eendag baie, baie teleurgesteld wees!”
( Doringdraad komediant )