RCH ILE DE FRANCE STOET

RCH ILE DE FRANCE STOET RCH boer met die ras wat die vinnigste die swaarste op die skaal weeg...Ile de France RCH...produseerders van kwaliteit teeldiere.

"We breed the best so you can have the best"

By RCH beklemtoon ons die Ile de France se ingebore vermoë om op ‘n baie jong ouderdom talle meerlinge te lewer en gou swaar lammers wat markgereed is te speen. Ons boer met vroegryp-tipe diere wat hulself in alle toestande onderskei en oor baie jare tot die Ile de France ras se gewildheid bygedra het. Die beste reproduserende ooie het die vermoë om in

ekstensiewe asook intensiewe stelsels as doeltreffende superlamfabrieke uit te troon. RCH se missie is dieselfde as die IDF Genootskap se missie wat jare gelede reeds vasgelê is: – “super slaglamproduksie, kwaliteit vleis aan die verbruiker”. In droogtetye kom net die beste, aangepaste diere die mas op, daarom is tipe en bouvorm baie belangrik binne die stoet. As voer bekostigbaar is maak telers aanpassings en skuif die plafon van diereproduksie, deur altyd te sorg dat diere toegang tot optimale voeding het, dit is dan waar daar ‘n geneigdheid kom om primêr op die beste groeiers klem te lê. Dit kan die belangrikheid van doeltreffendheid maklik laat vervaag. Droogtes en duur voer stel ondoeltreffende diere aan die kaak, so leer telers op die harde manier. Dit dwing hulle om opnuut op die werklike, fundamentele beginsels van diereteling klem te lê en herbevestig die klem op die optimale tipe diere binne die ras wat die toets van tyd kan deurstaan. Dit is egter al herhaaldelik bewys, dat die ware staatmakers in ‘n ras die mediumraam-tipe diere is wat makliker in ‘n wye reeks omgewings- en voedingstoestande aanpas as diere wat hoog op die been en laatryp tipes is. Die natuur verdra nie uiterstes nie. Kapasiteit en bespiering is baie belangriker as grootte. Ons gevoel is dat daar genoeg ander hoog op die been rasse beskikbaar is, hoekom dan 'n kosbare kenmerk van die uitsonderlike ras verander? RCH hou by die vroegryp-tipe...

Aan na die volgende veiling!📅 Woensdag 22 Julie 2026📍 The Bull Ring, Davel⏰ 10:00RCH Ile de France Stoet bied 8 stoetram...
22/06/2026

Aan na die volgende veiling!

📅 Woensdag 22 Julie 2026
📍 The Bull Ring, Davel
⏰ 10:00

RCH Ile de France Stoet bied 8 stoetramme aan op die Oos-Transvaal Ramveiling.

Ons sien uit daarna om weer topgehalte Ile de France-genetika aan produsente beskikbaar te stel.

Vir meer inligting:
📞 Regina Harmse – 072 270 3461
🌐 www.rchiledefrance.co.za⁠

"Kwaliteit genetika vir winsgewende skaapboerdery."

16/06/2026

JEUGDAG...
Verlede jaar het ek vir my "kampioen rammetjie" 'n ooi met 'n tweeling vir sy eerste verjaardag gegee.

Nou stap hy tussen die ooie en wys vir sy mamma: "Ek hou van..."

Ek d**k Ouma se kind weet klaar wat mooi is! 😁

Ek sien hom nie so gereeld soos ek graag wil nie, maar gelukkig kom hy volgende week 'n bietjie kuier. ❤️

Nog 4 dae tot die Klubveiling. Hier is slegs 'n paar van die redes waarom ernstige telers en kommersiële produsente nie ...
16/06/2026

Nog 4 dae tot die Klubveiling. Hier is slegs 'n paar van die redes waarom ernstige telers en kommersiële produsente nie hierdie geleentheid wil misloop nie...







LOT 73 – RC 250007'n Jong genetiese uitblinker met uitstekende groeipotensiaal en sterk reproduksiewaardes.✅ Logix Merie...
13/06/2026

LOT 73 – RC 250007

'n Jong genetiese uitblinker met uitstekende groeipotensiaal en sterk reproduksiewaardes.

✅ Logix Meriete Indeks: 136
✅ Groei Indeks: 138
✅ Reproduksie Indeks: 121
✅ Uit prestasie genetika

Hierdie belowende jong ram kombineer groei, funksionaliteit en vrugbaarheid - eienskappe wat waarde tot enige kudde kan toevoeg.

📅 Veilingdatum: 20 Junie 2026
📍 Rustic Fields Lodge & Venue
💻 Bied aanlyn of woon die veiling by.
🔗 Registreer vooraf op die Oostelike Ile de France Klub se aanlyn veilingplatform www.onderdiehamer.co.za.

RCH Ile de France Stoet – Genetika wat resultate lewer.

10/06/2026
10/06/2026

Die 23ste Oostelike Ile de France Klubveiling se katalogus is nou beskikbaar!
Blaai deur die uitsonderlike aanbod van Ile de France-genetika en merk jou gunstelinge voor die groot dag aan.
https://iledefrance.co.za/auctions/

LOT 68 – RC 210375'n Beproefde stoetram met uitstekende kapasiteit en sterk agterkwart. RC 210375 kombineer funksionele ...
09/06/2026

LOT 68 – RC 210375

'n Beproefde stoetram met uitstekende kapasiteit en sterk agterkwart.

RC 210375 kombineer funksionele bouvorm met sterk reproduksie-eienskappe en is 'n waardevolle toevoeging tot enige ernstige teelprogram.

⭐ Drieling gebore
⭐ Logix Meriete Indeks (LMI): 103
⭐ Reproduksie Indeks (RI): 108
⭐ Voorspeen Groei Indeks ndeks (VGI): 98
⭐ Average First Lambing: 136
📈 Nuutste Analise: 05 Junie 2026

Nageslag:
✔️ In kudde: 169
✔️ Totaal: 191
✔️ Kuddes gebruik: 2

📅 Veilingdatum: 20 Junie 2026
📍 Rustic Fields Lodge & Venue Ou Witbank / Middelburg Pad

📞 Regina Harmse 072 270 3461

09/06/2026

𝐋𝐚𝐦𝐛 𝐂𝐡𝐚𝐦𝐩𝐬 𝐏𝐫𝐞𝐭𝐨𝐫𝐢𝐚

Ontmoet vir Regina Harmse van Ermelo, terug vir nog ’n rondte by 𝐋𝐚𝐦𝐛 𝐂𝐡𝐚𝐦𝐩𝐬!

Met haar Ile de France en jare se ervaring, is sy gereed om weer te wys wat kwaliteit beteken.

📍 25 Julie 2026 | Harlequins

Kry vandag nog jou kaartjies aanlyn of by jou naaste Pick n Pay winkel, https://lambchamps.co.za/shop/

Groot dank aan ons borge:
𝐏𝐢𝐜𝐤 𝐧 𝐏𝐚𝐲 | 𝐓𝐨𝐲𝐨𝐭𝐚 | 𝐙𝐀𝐑𝐛𝐞𝐭 | 𝐁𝐞𝐥𝐠𝐫𝐚𝐯𝐢𝐚 | 𝐁𝐮𝐟𝐟𝐞𝐥𝐬𝐟𝐨𝐧𝐭𝐞𝐢𝐧 | 𝐙𝐨𝐞𝐭𝐢𝐬
𝐘𝐞𝐞𝐭 | 𝐅𝐚𝐫𝐦𝐒𝐩𝐚𝐜𝐞 | 𝐏𝐥𝐚𝐚𝐬𝐌𝐞𝐝𝐢𝐚 | 𝐊𝐨𝐞𝐫 | 𝐀𝐠𝐫𝐢𝐁𝐨𝐧𝐮𝐬 | 𝐊𝐚𝐥𝐚𝐡𝐚𝐫𝐢 𝐎𝐧𝐥𝐢𝐧𝐞 | 𝐊𝐥𝐢𝐩𝐞𝐢𝐥𝐚𝐧𝐝 | 𝐏𝐫𝐞𝐭𝐨𝐫𝐢𝐚 𝐅𝐌 | 𝐒𝐰𝐢𝐟𝐭𝐕𝐞𝐞

03/06/2026

Address

Ermelo
2350

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 17:00

Telephone

+27 72 270 3461

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when RCH ILE DE FRANCE STOET posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to RCH ILE DE FRANCE STOET:

Share