Mr Cupboard

Mr Cupboard Kombuis kaste, hangkaste, restourasie... Mr Cupboard betaan al vir meer as 25 jaar en lewer steeds goeie kwaliteit produkte. Ons werk ook in omliggende dorpe

’n Tydlose Kombuis met Karakter 🩶Hierdie kombuis is ’n ware viering van die ou Kaap-Hollandse plaashuisstyl – klassiek, ...
02/03/2026

’n Tydlose Kombuis met Karakter 🩶
Hierdie kombuis is ’n ware viering van die ou Kaap-Hollandse plaashuisstyl – klassiek, elegant en gemaak om generasies lank mooi te bly.

Die wit MDF-deure skep ’n ligte, vars atmosfeer wat die ruimte oop en uitnodigend laat voel. Dit weerkaats die natuurlike lig pragtig en bring daardie skoon, rustige plaashuis na vore.

Die herwinde Oregon pine-werksoppervlaktes voeg weer warmte en karakter by. Elke plank vertel sy eie storie en bring ’n natuurlike eenheid deur die hele huis – ’n perfekte balans tussen oud en nuut.

Hier smelt styl en funksionaliteit saam om ’n kombuis te skep wat nie net mooi is nie, maar ook die hart van die huis bly. ✨

Waar styl en funksionaliteit ontmoet! Hierdie kombuis se eiland skep ’n heerlike groot werkspasie én ’n gesellige kuier-...
18/02/2026

Waar styl en funksionaliteit ontmoet!

Hierdie kombuis se eiland skep ’n heerlike groot werkspasie én ’n gesellige kuier-area. Die hart van die huis waar almal saamtrek.

Die yster raamwerk bo die eiland (potrak) is nie net ’n unieke fokuspunt nie, maar ook prakties – alles is net daar byderhand wanneer die etes met liefde voorberei word.

Die twee hout 'barn doors' rond die prentjie perfek af en gee aan hierdie stylvolle kombuis ’n warm, egte plaasgevoel.

Hierdie kombuis is ’n absolute wenner! Die fynbos (grys-groen) MDF deure bring ’n sagte, natuurlike warmte in die ruimte...
14/02/2026

Hierdie kombuis is ’n absolute wenner!

Die fynbos (grys-groen) MDF deure bring ’n sagte, natuurlike warmte in die ruimte, terwyl die wit Quartz blad ’n skoon, moderne afwerking gee. Die kombinasie skep ’n vars, tydlose gevoel wat lig en styl perfek balanseer.

Dis die tipe kombuis waar funksionaliteit en skoonheid hand aan hand stap – ’n ruimte waar herinneringe gemaak word.

Wat 'n interessante projek!!!Ons heel eerste pienk kombuis.
22/09/2023

Wat 'n interessante projek!!!
Ons heel eerste pienk kombuis.

15/08/2022
Ligte grys "Shaker styl" kombuiskaste met Graniet werksoppervlaktes. Selfs die ou kombuiskas het ons geverf om by die ko...
02/08/2017

Ligte grys "Shaker styl" kombuiskaste met Graniet werksoppervlaktes. Selfs die ou kombuiskas het ons geverf om by die kombuis te pas. Dit was nou 'n lekker projek.

Tweefontein - Dis was 'n groot droom van Justin en Liesl wat gerealiseer het. Julle gastehuis lyk nou so mooi en dit was...
21/10/2016

Tweefontein - Dis was 'n groot droom van Justin en Liesl wat gerealiseer het. Julle gastehuis lyk nou so mooi en dit was lekker om deel te wees van die mooimaak proses. Die ou oregon vloerplanke en balke is weer gebruik vir die kombuis se werksoppervlaktes, Tafel met bankies en bedkassies.

Baie lekker gewees om die ou geelhout vloerplanke wat vir jare in 'n stoor gelê het te omskep in kantoorkaste.
03/08/2016

Baie lekker gewees om die ou geelhout vloerplanke wat vir jare in 'n stoor gelê het te omskep in kantoorkaste.

Die soliede geelhout kombuiskaste het ons na weke se werk uiteindelik afgerond met beligting.
10/06/2016

Die soliede geelhout kombuiskaste het ons na weke se werk uiteindelik afgerond met beligting.

'N regte plaas kombuis. Dis lekker gewees om die kombuis weer te sien wat ons 7 jaar terug ingebou het. Die tafel en twe...
24/04/2016

'N regte plaas kombuis. Dis lekker gewees om die kombuis weer te sien wat ons 7 jaar terug ingebou het. Die tafel en twee bankies het ons ook gemaak.

Address

22 Murray Street
Graaff-Reinet
6280

Opening Hours

Monday 07:30 - 17:00
Tuesday 07:30 - 17:00
Wednesday 07:30 - 17:00
Thursday 07:30 - 17:00
Friday 07:30 - 17:00

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Mr Cupboard posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share