22/11/2022
11 lesse van Noag se ark
EEN: Moenie die boot mis nie.
TWEE: Onthou ons is almal in dieselfde boot.
DRIE: Behou geloof. Dit het nie gereën toe Noag die ark gebou het nie.
VIER: Bly fiks. As jy 70 jaar oud is, kan iemand jou dalk vra om iets groots te doen.
VYF: Moet jou nie aan kritici steur nie – fokus net op die taak voorhande.
SES: Bou jou toekoms op hoë grond.
SEWE: Veiligheidshalwe, reis in pare.
AGT: Spoed is nie altyd belangrik nie.Die slakke was saam met die cheetahs aanboord.
NEGE: As dinge taai raak, dryf eers ‘n bietjie.
TIEN: Onthou, die ark is gebou deur amateurs, die Titanic deur professionele lui.
ELF: Ongeag die storm, as jy saam met God is, wag daar altyd ‘n reënboog.