20/03/2013
Jou tyd - Fees vir jou sintuie -
Dis of mense vergeet van die lewe se gratis plesiere.
Kleintydherinneringe aan sorgelose tye en die hemelse reuk van tuisgebakte brood uit Ouma se kombuis kan van mens se kosbaarste besittings wees.
Dit is soveel lekkerder om iets saam te doen, en mens kan altyd na' die tyd iets daarvoor wys.
Gebruik jou verbeelding, ontgin jou kreatiwiteit, leef jouself uit.
Vandag het ons 'n vinnige idee vir daardie oortollige, onooglike teels wat altyd rondle.
Gou-gou
Gebruik oorskietkraakvuller om jou eie organiese kunswerke te skep.
Smeer met 'n stoverfmes 'n dik laag kraakvuller oor die teel om die regte tekstuur te kry. Gebruik jou vingers of 'n ander voorwerp om patrone in die nat vuller te maak. Druk ook organiese elemente soos klippies en takkies daarin. Los van die takkies in die vuller en haal ander af sodat net die afdruk oorbly.Sit die teel eenkant om droog en hard te word. Daarna kan jy hanwerkverf en n' droe kwas gebruik om die tekstuur hier en daar te beklemtoon.
Sit agteroor en ontspan terwyl jy jou eie aardse kunswerk bewonder.
Stuur vir ons jou eie humoristiese of rare aanhaling wat die perfekte oplossing bied vir ons alledaagse dilemmas waarmee ons almal in die lewe worstel.