11/03/2026
Baie dankie aan Neokor Sekuriteit vir die geleentheid en vertroue. Ek waardeer die ondersteuning en sien uit daarna om saam te werk en kwaliteit diens aan ons gemeenskap te lewer. Opgewonde oor wat voorlรช vir JHP Solar & Security Services. ๐จ
Ons stel graag vir Jan-Harm Pienaar bekend, wat as kontrakteur by die Neokor-span aansluit. ๐
Jan-Harm is gebore en getoรซ hier in Lichtenburg en ken ons dorp, ons mense en hul behoeftes baie goed. Vir hom gaan sekuriteit oor meer as net toerusting โ dit gaan oor ons mense se veiligheid en gemoedsrus.
Hy is reeds sedert 2018 in die sekuriteitstegniese bedryf en het oor die jare waardevolle praktiese ervaring opgedoen in die installasie, instandhouding en foutopsporing van sekuriteitstelsels.
Hierdie jare in die veld het hom nie net tegnies sterk gemaak nie, maar hom ook geleer hoe belangrik deeglikheid, veiligheid en kliรซntediens werklik is.
Wat hom besonders maak, is die trots wat hy in sy werk sit. Soos hy self sรช:
โEk hou nie van halfklaar of โdit sal maar werkโ nie.โ
Hy glo daarin om โn taak reg te doen die eerste keer en elke projek af te handel asof dit by sy eie huis of besigheid is. Vir hom is aandag aan detail en netjiese afwerking nie โn ekstra nie โ dit is eenvoudig die standaard.
In Augustus 2025 het hy sy eie besigheid, JHP Solar & Security Services, gestig โ gebou op eerlikheid, betroubaarheid en kwaliteit diens.
Ons sien uit na die pad vorentoe saam met hom en is trots om hom deel van die Neokor-familie te maak.
Welkom by die span, Jan-Harm!