SeeGoedjies poog om die lukrake skoonheid van ons ongerepte kuslyn te verwesenlik as asemrowende gesprekstukke. Geen skulp word ''geoes'' deur skadelike metodes nie, elkeen word afsonderlik en lukraak, as't ware per geluk opgetel. Hierdie produkte is plaaslik verwerf langs die pragtige kuslyn tussen Reebok en Mosselbaai. Produkte kan gekoop word deur in kontak te tree met die blad per Facebook of
Whatsapp. SeeGoedjies se produkte kan ook in persoon besigtig word by ons twee uitstal punte: Mega Meat, Fruit & Veg in Voorbaai en Hartklop - Ietsie van Alles in Hartenbos. Ons is voortdurend opsoek na nuwe uitstal spasie, hou dus ons Facebook blad dop vir al ons nuutste produkte en waar hulle te siene is!!