Ansie Steyn Interiors

Ansie Steyn Interiors Ansie Steyn Interiors is about offering a truly one stop platform for all decorating and design need

"Simplicity is the ultimate form of sophistication" - Leonardo da Vinci

Dit is altyd vleiend maar tog ook lekker as ‘n jarelange vriendin jou nader om idees uit te ruil vir die verfraaing en h...
08/07/2025

Dit is altyd vleiend maar tog ook lekker as ‘n jarelange vriendin jou nader om idees uit te ruil vir die verfraaing en herverbeelding van haar dorp en strandhuis. Dit was ‘n verfrissende proses want my vriendin se smaak is onpretensieus en eenvoud maar tog ook lig en modern.

Effektiewe binnehuis versiering gaan oor intuitiewe vertolking van ‘n kliënt se smaak en bo alles, oor nederigheid. Want dit gaan ook oor vernuwing met sinvolle behoud van die oue. Deel van die beloning is dikwels bloot die omskepping van iets wat g***s verloor het tot iets vars en opwindend.

Dit was ‘n wonderlike en verrykende reis. Ons het die TV kamer en woonvertrek ‘n nuwe blaadjie laat omslaan met nuwe rakke, die nuutste reeks plakpapier en banke laat herstoffeer. Nuwe matte, koffietafeltjies en stoele het bygedra tot ‘n nuwe gevoel van lig en elegansie. Verf en tekstuur het bygedra tot ‘n gevoel van moderniteit sonder om die gemaklikheid van die bekende te ondermyn.

Dit was ‘n heerlike reis van inspirasie en verbeelding. Met dankbaarheid aan ‘n dierbare vriendin wat my baie ruimte gegee het om haar woonspasies te omskep in iets met ‘n vars nuwe bekoring.

Santos Strand is ongetwyfeld een van Mosselbaai se kroonjuwele. En waarskynlik ons pragtige dorpie se ongekunstelde en v...
10/02/2025

Santos Strand is ongetwyfeld een van Mosselbaai se kroonjuwele. En waarskynlik ons pragtige dorpie se ongekunstelde en verleidelike weergawe van Meditereense mooi.

Santos se bekoring lê in sy rustigheid en prentjie-mooi see. Teen ‘n agtergrond van ‘n wit strand en ‘n lewendige en bedrywige baai gevul met besoekers en plaaslike seilbote word ons besoekers verlei en vervoer na ‘n Griekse droom.

Toe ‘n jarelange en goeie vriend my nader om sy eksoties geleë woonstel te omvorm na iets besonders en nuuts terwyl ek vrye teuels het om net eenvoudig ‘mooi” te maak was ek behoorlik ogewonde.

Ek het letterlik gevoel soos ‘n wafferse Michelangelo wat engel in die rots gesien het en bloot die oortollige graniet moes wegkap.

Ek het instinktief geweet dat dat die einddoel moet wees om die see deel van die woonstel te maak. Ek moes ontslae raak van donker en deprimerende elemente en lig die deurlopende metafoor moes maak deur die see die fokus te maak van die spasie binne en buite.

Dit was ‘n voorreg om hier op ‘n wonderlik kreatiewe reis te gaan waar die hele woonstel herverbeel moes word. Strukturele veranderinge was nodig met die uitbreek van mure, omtrent net die kombuiskassies het nie die knie gebuig voor die inspirasie van ‘n moderne en tydlose aanslag nie. Die badkamers het nuwe baadjies gekry. Kaste is uitgebreek en donker hoeke moes plekmaak vir ‘n totaal nuwe “look and feel”

Kaste is uitgebreek en oopplan plafonne was deel van die nuwe prentjie.

Kombuiskassies het nuwe lewe gekry.

Banke is ingebou en intieme kuierplekkies geskep.

Met herstoffering, nuwe viniel vloere het die eens donker woonstel ‘n totale metamorfose ondergaan wat selfs my wildste drome oortref het.

Ek het lanklaas die transformasie van ‘n woonplek so inspirerend en bevredigend gevind.

My dierbare vriend en kliënt se erkening en waardering was meer as genoeg beloning vir hierdie baie besonderse projek.

Die prag van die omgewing bly ‘n weergalose herhinnering aan die unieke dorp waarin ons woon.

Hiermee ‘n paar foto’s om die omvang van die vernuwing te illustreer.

Soms laat tegnologie ons in die donker. En kosbare herhinneringe bly in die slag. Om die geheue te verfris:Ek is onlangs...
07/02/2025

Soms laat tegnologie ons in die donker. En kosbare herhinneringe bly in die slag. Om die geheue te verfris:

Ek is onlangs genader deur ‘n dierbare kliënt met die opdrag om 2 famliewoonstelle te verfraai. Die fokus en oogmerk was om spasie te skep en die woonstelle te omvorm sodat meer ruimte geskep word.

Met hierdie uitganspunt het ons ‘n ingeboude kas en ronde ottoman bankies ingebring wat as tafeltjies en stoeltjies kan dien.

So ver moontlik is rakkies teen die mure aangebring om spasie vry te stel en met die hulp van ‘n byderwetse mat het ons nuwe inspirasie gevind. Die kliënt is versot op groen wat bygedra het tot ‘n aardse karakter en ‘n vars moderne gevoel. Verf en stoffering van bedbasisse het verder tot die transformasie bygedra.

Daar is imposante prente van historiese Mosselbaai teen die mure gehang en moderne nuwe ligte aangebring teen die mure. Met die inbring van plante en vars verfkleure het ons tydlose elegansie probeer teweegbring.

Dit was uitdagend maar ook wonderlik inspirerend.

Kyk gerus na die foto’s en besluit self.

Ek is onlangs genader deur plaaslike radioloë ( eintlik al goeie vriende) met spreekkamers ook Stilbaai met die oog op v...
23/01/2025

Ek is onlangs genader deur plaaslike radioloë ( eintlik al goeie vriende) met spreekkamers ook Stilbaai met die oog op vernuwing en verfraaing van verskillende werkspasies.

Dit was inderdaad inspirerend en ook uitdagend om vrye teuels te geniet vir die beplande metamorfose. En her-verbeelde spasie. Dit is en bly darem vleiend as ‘n klient jou oordeel, instink en blootstelling vertrou.

Ons kon mildelik gebruik maak van kleur, tekstuur, meubels en ander dekor-items om ‘n verfrissende nuwe gevoel van aardsheid, warmte en ruimte te skep maar tog tydlose elegansie te weeg te bring. Hopelik kon ons ‘n omgewing skep waar personeel en pasiënte met eweveel rustige kalmte die tyd saam kan omarm en benut.

Nederigheid bly maar ons kompas en daarom waardeer ons elke geleentheid om nuwe lewe in die bestaande werkspasie in te kan blaas…

Hier is ‘n paar fotos…destyds en nou

Address

Builders Home, Cnr Louis Fourie Road And Melkhout Street, Heiderand
Mossel Bay
6506

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ansie Steyn Interiors posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Ansie Steyn Interiors:

Share