05/09/2026
MOENIE AAN "BESTEMMINGSIEKTE" LY NIE
Ek deel graag hierdie gedeelte waaroor ek vandag baie diep sit en d**k. Vir party mense is "vreugde in vandag" maklik. Tog vir ander is die soeke na vreugde in vandag, swaar. Hier moet ons mekaar bemoedig, selfs in die tye waar ons voel alles is niks, of in onsself voel soos niks. Selfs in tye van vreugde, weet ons niks is vir altyd nie.
Een van die grootste foute wat ons soms maak, is om te d**k:
“As ek net dáár kom, sal ek gelukkig wees.”
As ek net daardie deur kan oopkry…
As ek net genoeg geld het…
As ek net uit hierdie omstandighede kan kom…
As ek net daardie droom bereik…
Dan sal ek gelukkig wees.
Maar wat as God nie wil hê jy moet jou vreugde uitstel totdat jy by jou bestemming kom nie? Soms gaan dit nie net oor uitstel van vreugde nie, dit gaan oor die diepe wonde, trauma, pyn, seer en alles voel te veel wat vreugde steel. Daarom moet ons net soos ons geleer het wat die donker kant van die lewe en onsself is, ook leer wat die vrede en vreugde en "lig" kant van onsself is.
Want as jy nie kan leer om vrede te vind waar jy nou is nie, gaan ’n nuwe plek nie noodwendig die vrede in jou hart bring nie.
Jy neem jouself saam waar jy ook al gaan.
En soms voel die plek waar jy nou is soos Jona se donkerte in die vis se maag — afgesonder, vasgevang, ver van waar jy ged**k het jy moes wees.
Maar selfs daar was God.
Miskien is jy nie waar jy ged**k het jy sou wees nie.
Miskien verstaan jy nie hoekom God jou deur hierdie proses vat nie.
Miskien voel dit asof jou gebede teen die plafon vasloop.
Maar onthou:
God is nie net die God van jou bestemming nie.
Hy is ook die God van jou donkerte.
Jona het nie God eers by die kus gevind nie.
Hy het Hom in die donkerte gevind.
“Toe het Jona tot die Here sy God gebid uit die ingewande van die vis.”
— Jona 2:1
Hy het gebid waar hy was.
En miskien is dit wat jy en ek vandag moet doen.
Moenie wag totdat alles reg is om weer te begin leef nie. As jy nou in daardie donkerte sit soos Jona, is dit dalk tyd om te d**k aan hoeveel vreugde jy reeds verloor en weggestoot het a.g.v jou gedagtes en keuses oor die "eindebestemming", i.p.v oor jou "nou en vandag bestemming".
Moenie wag totdat jy “daar” is om vrede te ervaar nie. GOD IS REEDS DAAR, SO PROBEER VANDAG BEGIN LEER SAAM MET MY, WEES IN DIE HIER EN NOU, WANT GOD IS REEDS DAAR! Daar waar nie ek of jy eers een oomblik beheer oor het oor waar, "DAAR" is of wag nie!
Moenie jou hele geluk aan ’n toekomstige bestemming koppel nie. Ek weet dis nie so maklik nie, tog kan ons vandag 'n keuse maak om te kies:
Vind God hier.
Vind dankbaarheid hier.
Vind hoop hier.
Vind vreugde hier.
Want jy mag dalk nie weet waarheen God jou neem nie…
maar jy kan weet Wie saam met jou is.
“Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.”
— Hebreërs 13:5
No matter where you are… there you are.
En waar jy ook al is…
God is daar. ❤️
Kom ons bid vir mekaar en kies vandag om te probeer om nie aan Bestemmingsiekte te lei nie, maar weer te leer, waar ons is, Hy is daar.
Here help elkeen wat ook vandag nodig het om te bid in die donker, te glo in die donker en vrede en vreugde te vind in die donker, want selfs in die donker, is U daar!! Lig elkeen op en uit die donker van die ingewande van die vis wat soos Jona daar dalk sit. Leer ons om weer te onthou, sonder ons hoop op U is dit donker.
Gee hoop, gee genade en gee lig! Laat die donker ons uitspoeg in die lig waar ons vandag hoort! In Jesus Naam!
Amen
Ps. Hoop iemand het hierdie woord nodig vandag.
Liefde
Karlien Husselman