Die Twee Tuiniers

Die Twee Tuiniers 🌳 Oudtshoorn se eie hardwerkende tuinierspaartjie! Toegewyde persoonlike diens met top verwysings. Ons maak en hou jou tuin pragtig!

Ons ervare tuinmaak hande behartig self al die tuinwerk & instandhouding van jou tuin, deeglik en bekostigbaar. 👋 Dagsê mede tuin liefhebbers! Ons bied graag ons diens as tradisionele tuiniers aan om self tuine op ʼn permanente basis een of twee keer per maand te onderhou en ons diens is Ideaal vir die tuinliefhebber of besigheid met n klein tot medium grootte tuin.

- Voel veilig en ontspanne ter

wyl ons twee self in u tuin werk.
- Wees gerus dat u tuingereedskap in veilige en sorgsame hande is.
- Wees verseker van ons flink en deeglike werk vir vinnige resultate.
- Betroubaar, vriendelik en sommer net lekker geselskap. TAKE WAT ONS VERRIG SLUIT IN:
- sny gras en randte
- basiese snoei werk
- stileer struike en boompies
- plant blomme, struike en bome
- bewerk blom beddings
- ruim troeteldier rommel op
- ruim blare op
- versorg potplante
- verwyder en bestry onkruid
- verwyder onkruid tussen plaveisel stene
- ligte DIY takies en nog vele meer

HOEKOM ONS KIES?
- Ons is ervare en betroubaar met top verwysings.
- Ons daag stiptelik op en kommunikeer doeltreffend.
- Ons is hardwerkend en trots op ons werk en ons vordering.
- Uiters kompeterende pryse vir uitmuntende diens.
- Onlangs genomineer vir 'n "Best Of Oudtshoorn Readers Choice" toekenning vir beste tuindiens. Volg ons blad vir spesiale aanbiedinge, kompetisies, nuus oor ons tuinmaak avonture en nog meer!

🌲Kennisgewing van Feesseisoen Sluiting 🎊Hallo almal, met die einde van 2025 en die feesgety wat vinnig nader kom, kondig...
01/12/2025

🌲Kennisgewing van Feesseisoen Sluiting 🎊

Hallo almal, met die einde van 2025 en die feesgety wat vinnig nader kom, kondig ons graag aan dat ons binnekort tydelik ons tuingereedskap gaan ophang en ons kruisbande gaan losmaak vir 'n kort feestydvakansietjie! ⛱️

Ons gaan ons laaste tuin vir 2025 op Maandag, 22 Desember 2025, besoek, en ons sal amptelik gesluit wees vanaf Dinsdag, 23 Desember 2025, tot 4 Januarie 2026.

Ons sal terug wees in die tuine, met grawe en harke in die hand, gereed vir almal se tuinmaakbehoeftes, op Maandag, 5 Januarie 2026. Alle geskeduleerde afsprake sal soos beplan vanaf hierdie datum hervat word.

Ons geskeduleerde huis & troeteldier oppas diens sal soos normaalweg ononderbroke voortgaan ( sien Die Huiswagters ).

Ons wens almal 'n wonderlike en veilige feesseisoen toe!

Seënwense 🙏

🎊 Die Twee Tuiniers is een jaar oud! 🎉Hierdie maand vier ons nie net die aankoms van ‘n nuwe lente nie, maar ook die gro...
01/09/2025

🎊 Die Twee Tuiniers is een jaar oud! 🎉

Hierdie maand vier ons nie net die aankoms van ‘n nuwe lente nie, maar ook die groei, harde werk en die reis van ons eerste volle jaar as julle tuiniers.

Aan tannie Magdaleen en almal wie se vrygewigheid, vertroue en aanmoediging ver bo net indiensneming gegaan het, is ons dankbaarheid diep en opreg. 💚

Ons splinternuwe webblad, https://dietweetuiniers.co.za, is nou amptelik aktief en propvol inligting!Op ons webblad sal ...
30/07/2025

Ons splinternuwe webblad, https://dietweetuiniers.co.za, is nou amptelik aktief en propvol inligting!

Op ons webblad sal julle nou maklik toegang hê tot:

- Al die dienste wat ons verskaf om jou tuin te laat floreer.
- Ons deursigtige pryse vir elke pakket.
- Verwysings van tevrede kliënte & fotos van sommige van ons tuine.
- Meer oor wie ons is en ons passie vir tuinmaak.
- 'n Uiteensetting van hoe ons sake doen en wat ons uniek maak.

Besoek ons webblad vandag nog en ontdek hoekom Die Twee Tuiniers jou tuin se beste keuse is! Ons sien uit daarna om van julle te hoor.

Groot nuus van Die Twee Tuiniers!📣 Nuusflits 1:  Ons het pas 'n splinternuwe "Blitsbesoek" opsie bekendgestel, perfek vi...
20/07/2025

Groot nuus van Die Twee Tuiniers!

📣 Nuusflits 1: Ons het pas 'n splinternuwe "Blitsbesoek" opsie bekendgestel, perfek vir vinnige opruimings en noodsaaklike instandhouding vir klein tuine of tussenin ons volle onderhoudsbesoeke.

📣 Nuusflits 2: Ons het ook uiteindelik 'n webblad: https://www.dietweetuiniers.co.za met inligting oor ons, ons dienste, foto's van ons werk en top kliënteverwysings.

Met die lente wat naderkruip, stel ons ook 'n beperkte aantal plekke beskikbaar vir nuwe permanente kliënte vir beide ons vol-onderhoud tuinmaakpakket en ons nuwe blitsbesoeke. Moenie uitmis nie – besoek vandag ons webwerf om meer te leer en jou plek te verseker vir 'n pragtige lentetuin!

🔗 https://www.dietweetuiniers.co.za

Onthou om ons Facebook blad te "Like" en te "Follow" om op hoogte te bly van ons nuutste avonture en offers!😉

Van dag een af het ons, Die Twee Tuiniers, ons moue opgerol en ons harte in hierdie pragtige Karoo tuin gesit en onderho...
23/06/2025

Van dag een af het ons, Die Twee Tuiniers, ons moue opgerol en ons harte in hierdie pragtige Karoo tuin gesit en onderhou dit steeds tot vandag toe nog. Die fotos wys slegs ‘n klein gedeelte van die voortuin, daar is nog ‘n middel tuin en ‘n ruim agtertuin. Geen tuin is te groot of te klein vir ons toewyding nie! Ons glo daarin om met ons eie hande skoonheid te skep en julle lewens 'n bietjie groener te maak.

🎖 Die erkenning wat ons nou ontvang as 'n nominant vir 'n "Best Of Oudtshoorn Readers Choice 2025" toekenning is 'n bewys van hierdie harde werk – en julle wonderlike ondersteuning!

Help ons om hierdie droom oor die wenstreep te trek. Elke stem tel!

✅ Stem vir ons hier: https://www.bestofsouthafrica.co.za/oudtshoorn/best-of-oudtshoorn-vote/

⚠️ Vind ons naam onder “Professional Services: Best Garden Services”

🥇Wow almal, ons tuinmaak besigheidjie is genomineer vir die "Best Of Oudtshoorn Readers Choice Awards 2025" beste tuindi...
19/06/2025

🥇Wow almal, ons tuinmaak besigheidjie is genomineer vir die "Best Of Oudtshoorn Readers Choice Awards 2025" beste tuindiens toekenning.

Ons is absoluut oorweldig met dankbaarheid en eer om op hierdie wyse erken te word. Van ons nederige begin, waar ons te voet by ons eerste tuin opgedaag het met niks meer as a bottel water, 'n passie vir tuinmaak en 'n droom om vir ons 'n klein besigheidjie hier te begin bou, tot nou wat ons onder die bestes in die dorp gereken word – dit beteken werklik die wêreld vir ons. Hierdie nominasie is so inspirerend, en dit bevestig al die harde werk, passie en toewyding wat ons in elke tuin insit.

Oudtshoorn se ondersteuning en geloof in ons was nog altyd die sonskyn wat ons gehelp groei het, ons glo dat om te wen vir ons meer deure sal oop maak wat ons 'n groot sprong nader kan bring aan ons doelwit om 'n klein voertuig aan te skaf, ons eie toerusting te bekom, nuwe dienste te ontwikkel en meer tuine mooi te maak.

✅ Stem vir ons en help om ons klein tuinmaak diens te omskep in 'n ten volle toegeruste besigheid, erken deur die gemeenskap vir uitsonderlike diens en sorg!

Stem so vir ons Die Twee Tuiniers:

1 - Besoek: https://www.bestofsouthafrica.co.za/oudtshoorn/best-of-oudtshoorn-vote/

2 - Vind ons naam onder “Professional Services: Best Garden Services”

Hallo almal, so bietjie slegte nuus is dat Karin gistermiddag tydens tuinwerk deur, vermoedelik, 'n tipe wespe gesteek w...
14/06/2025

Hallo almal, so bietjie slegte nuus is dat Karin gistermiddag tydens tuinwerk deur, vermoedelik, 'n tipe wespe gesteek was en dit daartoe gely het dat sy ernstige simptome van anafilaktiese skok begin toon het binne oomblike van die byt.

Ons het haar op die vloer van die buite ablusie fasiliteit op die perseel ontdek waar sy aanvanklik bewussyn verloor het, geval het en haar kop in die proses ook hard teen die muur of vloer gestamp het.

Haar keel het op 'n stadium heeltemal toegetrek en sy het vir n rukkie glad nie asem gehaal nie en gereeld bewussyn verloor.

Ons het groot waardering vir Loraine Weldon wat ons gehelp het om Karin dadelik na die hospitaal te vervoer waar sy 'n baie gawe suster kon sien en medikasie en 'n inspuiting kon kry. Die dokters was ongelukkig tydens ons besoek oorweldig deur al die ander pasiënte en sou eers heelwat later met Karin kon konsulteer. Die besluit was geneem om haar vir eers huis toe te neem.

Sy voel vanoggend heelwat beter alhoewel die vlek rondom die bytplek 'n bietjie groter geraak het en ons monitor dit aandagtig.

Nogmaals baie dankie vir Loraine Weldon wat behulpsaam was met al die vervoer. Ons waardering is groot!

'n Mens skrik nogal groot as jy hulpeloos moet toekyk hoe iemand, vir wie jy so baie omgee, se liggaam stadig begin afskakel en mens kan nie help om met hernude waardering vir ons tyd saam, voort te gaan nie.

Welkom by Die Twee Tuiniers se splinternuwe Facebook blad."LIKE" & "FOLLOW"  groot asseblief ons blad om op hoogte te bl...
10/06/2025

Welkom by Die Twee Tuiniers se splinternuwe Facebook blad.

"LIKE" & "FOLLOW" groot asseblief ons blad om op hoogte te bly met ons nuutste offers, kompetisies, avonture.

02 JUNIE 2025 - Baie dankie aan almal wat deelgeneem het aan hierdie weggee offer, ons wens ons het fietse vir almal geh...
10/06/2025

02 JUNIE 2025 - Baie dankie aan almal wat deelgeneem het aan hierdie weggee offer, ons wens ons het fietse vir almal gehad.

Melvin, 'n tuinier soos ons, en werksaam by die NG Moedergemeente kerk, se fiets is onlangs gesteel en ons hoop dat hierdie enetjie vir hom vir lank veilig sal vervoer.

⚠️ 02 JUNIE 2025 - Gesluit vir verdere inskrywings, die ontvanger van die fiets sal hierbo aangekondig word. GRATIS 2DE ...
10/06/2025

⚠️ 02 JUNIE 2025 - Gesluit vir verdere inskrywings, die ontvanger van die fiets sal hierbo aangekondig word.

GRATIS 2DE HANDSE 26" RALEIGH BERGFIETS
Ons is opgewonde om aan te kondig dat ons graag 'n tweedehandse bergfiets wil skenk aan iemand in OUDTSHOORN wie werklik 'n behoefte daarvoor het!

Indien jy belangstel of iemand ken wat sal baat vind, "Like" hierdie plasing en stuur asseblief vir ons 'n WhatsApp boodskappie met 'n kort motivering na 084 820 5768

Ons hoop dat hierdie fiets 'n nuwe tuiste sal vind waar dit werklik waardeer en goed benut kan word.

Offer slegs geldig vir persone woonagtig in Oudtshoorn.

10/06/2025

Address

Oudtshoorn

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 17:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Die Twee Tuiniers posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Die Twee Tuiniers:

Share

Category