Hannah Kook

Hannah Kook My liefde vir kos kom van my skoonma, Rita. Familie is belangrik, en ek glo kos bring mense nader aan mekaar.

Ek maak eenvoudige, eerlike kos — geen spoggerige bestanddele of geurmiddels nie, meestal begrotingsvriendelik met hier en daar ’n bederfie. A stay-at-home mom... Super excited about all the new opportunities...

I am married and I have two beautiful boys... Family is important to me and by working from home, I am able to spend more time with people who are important to me. I am totally passionate about my work and love interacting with clients...

Thank you for supporting my business.

Onthou jy die beesvleis “Meaty Bones” wat ek nou-die-dag by WOOLWORTHS gekoop het?Wel… hier is DEEL 3 van die 3-post ree...
09/09/2026

Onthou jy die beesvleis “Meaty Bones” wat ek nou-die-dag by WOOLWORTHS gekoop het?

Wel… hier is DEEL 3 van die 3-post reeks — ek het heerlike fyn beesvleis-en-sampioen handpasteie gemaak!

Net gou ter wille van die persone wat nie die ander twee posts gesien het nie.

Ek het twee pakke beesvleis “Meaty Bones” by WOOLWORTHS gekoop.
Lees meer daaroor hier:
Deel 1: Die beesvleis bene
https://www.facebook.com/share/p/1Q6RbUeHUL/?mibextid=wwXIfr

Maandagaand het ons heerlike sagte beesvleis op kapokaartappels geëet.
Lees meer daaroor hier:
Deel 2 — Beesvleis op kapokaartappels
https://www.facebook.com/share/p/1C7AmnBe8j/?mibextid=wwXIfr

As jy kan onthou, het ek die afgekookte vleis in twee gedeel sodat daar genoeg was om ook pastei te maak - ek wou eers een groter pastei maak, maar was toe sommer lus om handpasteie te maak.

Gister het ons toe vir middagete hierdie heerlike fyn beesvleis-en-sampioen handpasteie geëet.

Ek het 8 pasteie uit die vleis gekry! 😲

Vier het ons geëet en die ander vier het ek gevries vir ’n ander dag.

Ek het dit regtig baie eenvoudig gehou.
* Ek het Portobello-sampioene gesny en dit met ’n bietjie olyfolie en knoffel gebraai.
* Daarna het ek die fyn beesvleis bygevoeg.
* Heel laaste het ek ’n opgehoopte eetlepel Knorr Beesvleissoppoeier in ’n klein bietjie koue melk opgelos, by die vleismengsel gevoeg en goed ingeroer.

Ek het dit alles mooi laat afkoel.

Ek het die Today-skilferkors oopgerol en in 8 blokke gesny (sien die foto).
Volgende:
Skep die vulsel op die vierkantige blokke skilferkorsdeeg. Jy vou die punte na mekaar toe en gee dit sommer so ’n lekker draai bo om alles mooi bymekaar te hou. Die kante druk jy sommer so met jou vingerpunte vas aan mekaar.

Pak dit nou in jou lugbraaier of op ’n oondpan, smeer ’n bietjie eier met ’n kwassie bo-oor… en bak.

Ek bak my pasteie in die lugbraaier @ 165°C vir ongeveer 15 minute. (wanneer jy van gevries af bak, bak dit gewoonlik vir so 17min)

En kyk net hoe mooi het hulle uitgekom! 😍

🥧 8 heerlike handpasteie... 4 vir ons om te geniet… en 4 vir ’n ander dag in die vrieskas. ❤️

Hierdie vleisbene van WOOLWORTHS was sowaar ’n goeie kopie vir ons as gesin.

PS. Nou het ek nog die bak beesvleisaftreksel in die vrieskas - daarmee sal ek sop maak op ’n ander dag…

3 ETES UIT TWEE PAKKIES WOOLWORTHS BEESVLEISBENE! 🥩❤️Ja, sowaar! Ek kon dit self amper nie glo nie.Ek het toe albei pakk...
08/09/2026

3 ETES UIT TWEE PAKKIES WOOLWORTHS BEESVLEISBENE! 🥩❤️

Ja, sowaar! Ek kon dit self amper nie glo nie.

Ek het toe albei pakkies vleisbene wat ek gekoop het lekker lank en stadig gekook — en kyk net wat kon ek alles daaruit maak!

Hier is wat ek gedoen het:

Ek het begin deur die bene met die vetkant onder in my kastrol te plaas. Ek het ’n klein bietjie water bygevoeg sodat die vleis sy eie “braai-vet” kon maak, en toe het ek die vleis lekker bruin gebraai.

Sout en peper volgens smaak.

Ek het 2 uie opgesny en bygevoeg en dit ook lekker saam gebraai. Daarna het ek 2 wortels in blokkies gesny en bygesit.

Jy kan natuurlik nog groente byvoeg, maar ek wou dit hierdie keer eenvoudig hou met net die uie en wortels.

Ek het alles saam gekook met genoeg water om die vleisbene heeltemal te bedek en ook 2 blokkies aftreksel bygevoeg.

Nadat die vleis lekker sag gekook was, het ek al die vleis uit die pot gehaal.

Toe dit genoeg afgekoel het om met my hande te hanteer, het ek al die vleis van die bene afgehaal.

Die vleis was só sag dat dit sommer vanself van die bene losgekom het!

Ek het dit mooi fyn gemaak en baie mooi seker gemaak dat daar nie enige klein beentjies tussen die vleis is nie.

En nou kom die wonderlike deel!

Daar was sowaar genoeg vleis vir DRIE geregte!

🍽️ 1. Fyn beesvleis op kapokaartappels
Ons ete van gisteraand.

🥧 2. Beesvleis- en sampioenpastei
Ek gaan dit later vandag maak en sal môre meer daaroor deel.

🍲 3. ’n Heerlike pot sop
Die wonderlike vloeistof wat oorgebly het, het ek in ’n plat glasbak gegooi. Toe dit afgekoel het, het ek die vetlagie afgeskep en die res in die vrieskas gesit.

Dit gaan die basis wees vir ’n heerlike sop! Ek sal dit met julle deel sodra ek dit maak.

Terug by gisteraand se ete… 🍴

Ek het die fyn beesvleis terug in die pot gesit en heel laaste het ek Bisto in ’n bietjie koue water aangemaak en bygevoeg om die sous lekker dik te maak.

Die uiteinde?

Heerlike, sagte fyn beesvleis met wortelblokkies, lekker sous en kapokaartappels. 🥔🥩🥕

Dit was super yummie! 😋

En om te d**k dit alles het begin met net twee pakkies WOOLWORTHS beesvleisbene!

PS. Verskoon maar die stukkies vet hier en daar - ons lief dit!

EDIT: Vir die persone wat gister se post gemis het, hier is die skakel.

https://www.facebook.com/share/p/1dGPHHfc2Z/?mibextid=wwXIfr

Ek het nou-die dag hierdie vleis op WOOLWORTHS se aanlyn winkel gesien - hulle noem dit Beefy Bones.  Ek het die terugvo...
06/09/2026

Ek het nou-die dag hierdie vleis op WOOLWORTHS se aanlyn winkel gesien - hulle noem dit Beefy Bones. Ek het die terugvoering van WOOLWORTHS kliente gaan lees wat dit gekoop het.
Die kommentaar was baie positief en baie het genoem dat daar baie vleis aan die bene is.

Wel, ek het sommer twee pakke gekoop. Teen R64.99 per kg d**k ek dit is 'n baie goeie prys.

Ek het dit eers gekoop met die idee om lekker sop te maak. Maar nou wonder ek ook of ek nie dalk een van die volgende twee disse moet maak nie?
Opsie 1 - Heerlike Beesvleis Pastei
Opsie 2 - Fyn Beesvleis op sagte kappokaartappels.

Ek het een pak vanaand uitgehaal om te ontdooi en sal more as ek die sakkie oopmaak en die vleis afspoel dit mooi bekyk. Ek het ged**k om uie en wortels fyn te sny en lank en stadig te kook met 'n aftreksel blokkie...die vleisies moet sommer van die bene af val.

Wat d**k jy moet ek maak? Opsie 1 of 2? Of het jy dalk 'n ander voorstel?

Kom loer Dinsdag oggend weer in - ek sal vir julle dan wys wat ek gemaak het... ❤️

3,000! ❤️Sjoe! Ek is dankbaar... Hierdie blad het begin omdat ek sommer net bietjie resepte wou deel en stories wou vert...
04/09/2026

3,000! ❤️

Sjoe! Ek is dankbaar... Hierdie blad het begin omdat ek sommer net bietjie resepte wou deel en stories wou vertel en kyk nou...

Dankie vir elkeen se saam kuier, saam kook en saam gesels...

Dit is vroegoggend… 6:02vmEk sit wakker en regop met ’n koppie koffie wat manlief vir my gemaak het, want in ons huishou...
03/09/2026

Dit is vroegoggend… 6:02vm

Ek sit wakker en regop met ’n koppie koffie wat manlief vir my gemaak het, want in ons huishouding gebeur daar baie oor die volgende paar dae. ❤️

Warm teen my been het my 6-jarige liefie-laffie-lyf styf teen my kom lê… en ek is sommer net dankbaar.

Dankbaar vir ons gesin.

Vir ’n wonderlike man.
Vir my 6-jarige seuntjie wat nog graag styf teen Mamma kom lê.
En vir ’n 14-jarige seun in die skoolkoshuis wat, na my sin, gans te vinnig grootword. 🥹

Familie is vir my ongelooflik belangrik.

Kinders is kosbaar. Ons tyd saam met hulle is kosbaar. En ek glo ons moet daardie klein, alledaagse oomblikke koester — want voor ons ons oë uitvee, is hulle groot.

Een maal per week maak ek doelbewus kos wat my 6-jarige saam met my kan maak.

Naweke is dit my tiener se b***t. 😉
Ek gaan binnekort ook ’n plasing daaroor deel.

Gisteraand was weer so ’n aand. ❤️

Ek en my junior chef het saam in die kombuis gewerk.

Hy voeg by.
Hy meng.
Hy roer.
Hy proe.

En ja… hy mors ook ’n bietjie. 😄

Maar dis okay.

Want hy leer. En belangriker nog — ons spandeer tyd saam.

Gisteraand se aandete was Boereworspasta met net 3 bestanddele!

🌭 Boerewors
🍝 Pasta
🥫 1 blikkie Boeriesous

En hier is wat my junior chef gedoen het:

Heel eerste braai ons die boerewors in ’n pan.

Wanneer dit mooi bruin is, haal ons dit uit en sit dit eenkant in ’n bakkie.

Nou voeg ons water by in dieselfde pan waarin die wors gebraai het en gooi genoeg rou pasta vir jou gesin daarin.

Ons het ’n halwe pak gebruik.

Maak seker die pasta is net-net met vloeistof bedek. Die pasta kook nou lekker gaar in daardie heerlike wors-vloeistof. 😋

Wanneer die pasta amper gaar is, voeg ons die Boeriesous by.

Mamma moet maar hier ’n bietjie skat hoeveel nodig is… Ons het sommer die hele blikkie ingegooi.

Intussen het Pappa gou ’n handjie kom bysit en die boerewors in happiegroottes gesny.

Die wors gaan terug by die pasta in.

Meng alles goed deur en laat dit vir so 5 minute prut terwyl die bakkies uitgehaal word en almal regmaak om heerlik te smul.

Dís eintlik waaroor kos vir my gaan.

Nie net oor wat op die bord is nie.

Maar oor die tyd saam.

Oor die klein handjies wat help.
Oor die gemors op die kombuisblad.
Oor “Mamma, proe!”
Oor ’n pappa wat gou kom hand bysit.
Oor lag.
Oor leer.
Oor saamwees.

Oor herinneringe maak. ❤️

Elke keer wanneer ek en my junior chef saam kosmaak, verstom ek my aan die trots wat hy ervaar oor iets wat hy self gemaak het.

En ek d**k by myself…

Miskien is dit een van die grootste geskenke wat ons vir ons kinders kan gee:

Nie net om vir hulle kos te maak nie… maar om hulle te leer om dit eendag self te maak.

En om dit saam met hulle te doen terwyl ons nog die voorreg het om hulle klein te hê. ❤️

PS: Mamma of Pappa moet asseblief heeltyd by wees wanneer kinders in die kombuis help. Warm plate en skerp messe moet asb maar altyd onder volwasse toesig gebruik word.

Nog ‘n PS: ‘Spot the difference?’ 🤣 Terwyl die boerewors gebraai het, het Pappa gou gehelp om ons junior chef ná ’n dag van speel en besig wees, deur sy stort te kry. 🚿😂
Spanwerk op sy beste! 👏

Hierdie is een van daardie disse wat jou huis sal laat ruik soos jou Ouma se kombuis…Ek deel graag my Beesstert Herdersp...
02/09/2026

Hierdie is een van daardie disse wat jou huis sal laat ruik soos jou Ouma se kombuis…

Ek deel graag my Beesstert Herderspastei met julle…

En glo my as ek sê, dit is sowaar min moeite en dit sal lyk of jy ure voor die kospotte spandeer het.

Ek gebruik my prutpot (slow cooker) en deurnag sit ek my beestert in om stadig te kook.
Al wat ek byvoeg is:
* 2 x Uie fyn gekap
* Sout en Peper volgens smaak
* Genoeg vloeistof om dit goed te bedek
* 2 x blokkies Maggi aftreksel (nou gaan ek bieg - ek koop net die hoender geur en gebruik dit sommer altyd vir alles 😳)

Ek kook dit nou deurnag en die volgende oggend vroeg, haal ek die vleis uit en gooi wortel blokkies en aartappel blokkies in (onthou nie te veel aartappel blokkies nie, want daar kom aartappel bo-op, maar dit help om jou gereg bietjie te rek). Ek laat die groente blokkies nou lekker in die beesstert aftreksel kook.

Die vleis val omtrent uitmekaar na heelnag in die prutpot en as dit koud genoeg is om te hanteer, haal ek al die bene uit en trek die vleis sommer so met my hande uitmekaar... Sodra al die bene verwyder is, gooi ek die vleis weer terug in die pot saam met die groente.

Indien daar gans te veel vloeistof in is, skep ek dit uit en vries dit vir wanneer ek sop maak. Beesstert aftreksel is ‘n heerlike sop-basis.

Nou meng ek 'n pakkie Knorr Oxtail sop met bietjie water en gooi dit in my pot.
As die hele spul lekker saam gekook het en dik is - en as die aartappels en wortels lekker sag is, skep ek dit uit in 'n mooi bak.

Nou maak ek kapokaartappels om bo-op te skep, smelt regte botter en smeer dit met 'n kwassie oor die aartappels.

'n Uur of so voor ete, sit ek dit in die oond @ 180grade en siedaar - heerlike beesstert herderspastei!

PS. Onthou, aartappels is so veelsydig...
Ek maak gereeld Herderspasteie... Soms met gewone maalvleis, soms kerrie maalvleis, soms 'n bief-bredie herderspastei en dan ook 'n heerlike opsie is fyn opgekookte hoender met roommielies in... Eintlik kan jy ampertjies enige iets onder 'n kapokaartappel kombers in die oond druk en heerlik smul!

Ma Rita het altyd die lekkerste Basaar Kerrie Maalvleis gemaak. Hierdie einste resep gebruik ek ook vir my Lamskenkelker...
31/08/2026

Ma Rita het altyd die lekkerste Basaar Kerrie Maalvleis gemaak. Hierdie einste resep gebruik ek ook vir my Lamskenkelkerrie.

Ek gebruik selfs hierdie resep om kerrie sous te maak om hoendervlerkies in te marineer! Ek maak die sous aan, voeg bietjie water by, kook dit, maak dit bietjie dikker met Maizena, laat afkoel en laat die hoendervlerkies daarin “marineer”.
Daarna gaan hulle óf in die lugbraaier, óf ons braai hulle lekker op die vuur. 🔥

Maar vir my ❤️ Skoonma Rita se Basaar Kerrie Maalvleis doen ek die volgende:
🥘 Wat jy nodig het:
* 1 kg beesmaalvleis
* 1–2 uie, gekap
* 2–3 aartappels, in blokkies gesny — dit hang maar af van die grootte van die aartappels
* 1 blikkie gemengde groente
* 4–5 opgehoopte teelepels Rajah Medium-kerriepoeier — pas dit aan volgens hoe sterk jou gesin van kerrie hou
* 1 teelepel borrie
* 13 opgehoopte teelepels suiker — ja, dit is Ma Rita se resep! ❤️ baaaaie suiker - maar dit is yummie lekker.
* 45 ml asyn
* Sout na smaak

👩‍🍳 Hierdie is wat ek doen:
Ek braai heel eerste my uie en maalvleis saam totdat die maalvleis lekker verbruin.
Terwyl die maalvleis braai, meng ek my kerriepoeier, borrie, suiker, asyn en sout saam met ’n bietjie water om ’n lekker kerriesous te maak.
Ek voeg nou die kerriesous by die maalvleis en uie en roer dit goed deur.
Dan vul ek die koppie waarin ek die kerriesous gemeng het met water en voeg dit ook by die maalvleis.

Laat alles nou lekker prut sodat die geure mooi kan ontwikkel.

Voeg die aartappels by en kook totdat dit sag en gaar is.

Amper heel aan die einde voeg ek my blikkie gemengde groente by. Ek hou daarvan om dit eers aan die einde by te voeg sodat die groente nog lekker heel bly en nie pap kook nie.

🤎 Om die kerrie te verdik
1–2 opgehoopte teelepels Maizena
’n Bietjie koue water
Meng die Maizena met die koue water tot glad en roer dit by die kerrie. Laat dit ’n paar minute prut totdat die sous lekker verdik het.

🍝🍚🥯 Ons eet Basaar Kerrie op drie maniere...

🍝 Op 'n Vrydagaand = dan is dit lekker bakkie-kos!
Maak pasta gaan — ek gebruik sommer macaroni — meng dit deur die kerrie maalvleis.
Vir die pasta maak ek die maalvleis ’n klein bietjie meer souserig, sodat daar genoeg lekker kerriesous is om deur die macaroni te meng.
Hierdie is ons kinders se gunsteling! 😋

🍚 Enige ander dag van die week...
Dan gaan ons sommer die tradisionele pad en eet dit op lekker warm rys. Goeie ou kerrie en rys...

🥯 As ek hierdie op 'n Saterdagmiddag maak...
Maak lekker vars vetkoeke en geniet die kerrie maalvleis binne-in ’n warm, vars vetkoek.
Maak net seker dat die maalvleis nie te souserig is nie — jy wil hê daardie heerlike kerrie moet lekker in die vetkoek sit en nie aan die ander kant uitloop nie! 😂

’n Ou familie-resep, ’n bietjie van Ma Rita se nostalgie, en drie maniere om dit te geniet. ❤️

☀️ Wie onthou hierdie Tupper bakke?Elke keer as ek een van hierdie sien, kry ek sommer sulke wonderlike herinneringe aan...
30/08/2026

☀️ Wie onthou hierdie Tupper bakke?

Elke keer as ek een van hierdie sien, kry ek sommer sulke wonderlike herinneringe aan my kinderdae. ❤️

Ons het een gehad. ’n Oranje een. 🍊

Ek onthou hoe my ma dit sou volpak met vrugte en allerhande lekker goedjies waarvan ons gehou het.

Elke kompartement het sy eie klein verrassing gehad. 😍

Bietjie vrugte hier… iets lekkers daar… en natuurlik moes daar altyd iets wees waarvan elkeen gehou het.

Dit was eintlik so ’n eenvoudige ding…

Maar vandag, wanneer ek een sien, vat dit my sommer terug na daardie dae.

Na somersdae, familie, lekker eetgoed en daardie gevoel van saam wees. ❤️

Want partykeer is dit nie die groot dinge wat ons onthou nie.

Dit is die klein goedjies.

’n Ma wat iets spesiaals vir haar kinders regmaak.
’n Bak vol gunsteling happies.
’n Somermiddag. ☀️
Lekker kuiers…

Nou dat die somer weer om die draai is, het ek gewonder…

❤️ Wat sal JY in joune pak?

Vars vrugte? 🍓🍇
Biltong?
Kaas en beskuitjies? 🧀
Iets lekkers vir die kinders?
Of sommer ’n bietjie van alles waarvan jou gesin hou?

Vertel my in die kommentaar — wat sal in jou perfekte somer-bakkies wees? ❤️

En as jy nou d**k:
“Ag, ek wil ook een hê!” 😍

Stuur my gerus ’n boodskap.

Hannah Kook ❤️

Want goeie kos is nie net kos nie… dit word herinneringe.

❤️ DIE GESKENK VAN GEEEk het vandag bietjie oor die verskillende liefdestale ged**k, en veral oor een wat vir my baie be...
26/08/2026

❤️ DIE GESKENK VAN GEE

Ek het vandag bietjie oor die verskillende liefdestale ged**k, en veral oor een wat vir my baie besonders is: om te gee.

Nie noodwendig om vir iemand ’n duur geskenk te koop nie.

Ek bedoel om eerder die soort gee wat sê:
“Ek het aan jou ged**k.”
“Ek sien jy het ’n behoefte.”
“Hoe kan ek help?”

Toe ek ’n kind was, onthou ek dat mense dit baie meer natuurlik gedoen het.

Wanneer iemand nuut in die buurt ingetrek het, het my ma altyd iets vir hulle gaan gee — iets vir aandete, of sommer net koffie, tee en iets om te eet terwyl hulle besig was om te trek.

Wanneer iemand siek was, het jy iets vir hulle geneem.

Wanneer iemand deur ’n moeilike tyd gegaan het, het mense gehelp waar hulle kon.

Miskien gebeur dit vandag nog baie. Ek weet daar is beslis mense wat steeds so leef.

Maar soms wonder ek of ons nie ’n bietjie van daardie eenvoudige manier van omgee vir mekaar verloor het nie.

Ek onthou toe ek nog in die laerskool was, een spesifieke aand toe ons in Grabouw gewoon het.

Daar was mense wat in die omgewing gekuier het en hulle motor het naby ons huis probleme gekry. Dit was ’n koue aand en hulle het uiteindelik by ons huis kom aanklop om hulp te vra.

My pa het die deur oopgemaak en ek kan nie meer presies onthou wat alles met die motor fout was of presies hoe hy hulle gehelp het nie.

Maar ek onthou my ma. Sy het vir hulle koffie gemaak en iets gegee om te eet.

Ek onthou ook dat hulle vertel het dat hulle van Robbeneiland af gekom het.

Ek was nog ’n kind, maar daardie aand het op een of ander manier in my geheue bly vassteek.

En toe, ’n week of twee later, kom hulle weer by ons huis aan.

Hierdie keer met ’n geskenk.

Hulle het vir ons van die mooiste krewe gebring om dankie te sê.

Hulle het vriendelikheid ontvang en wou iets teruggee.

Dit gaan nie oor die waarde nie.

Nie om boek te hou van wat jy gegee het en wat jy teruggekry het nie.

Net om te sê:
❤️ Ek het aan jou ged**k.
❤️ Ek wou jou help.
❤️ Ek wou jou ’n bietjie bederf.
❤️ Ek wou jou seën.

En daarom het ek vandag vir julle ’n klein uitdaging. 🍎

Ek deel vandag Ma Rita se Droom Appeltert met julle.

Dit is ’n baie eenvoudige appeltert wat my skoonma my geleer het om te maak. Dit os een van my man se gunsteling terte.

Dit is ook nie een of ander geheime, unieke resep van my nie — dit is ’n bekende Suid-Afrikaanse resep wat eenvoudig heerlik is.

Maar hier is ‘n uitdaging:

🍎 MAAK HOM DUBBEL!

Maak een vir jou eie gesin… en maak nog een vir iemand anders.

Vat dit vir ’n buurman of buurvrou.
Gee dit vir ’n vriend.
Vat dit vir iemand wat dalk deur ’n moeilike tyd gaan.
Of dalk vir iemand wat jy nie eens so goed ken nie.

Jy weet nooit wat ’n klein gebaar vir iemand kan beteken nie.

As jy dit gedoen het, sal jy ons dalk kom vertel?
Vir wie het jy jou tweede tert gegee?
Wat was hulle reaksie?

Miskien kan ons weer ’n bietjie van daardie ou manier van gee terugbring.

Want soms dra die eenvoudigste dinge die grootste boodskap:
“Ek het aan jou ged**k.”
“Jy is vir my belangrik.”
“Ek wou jou net ’n bietjie seën.”

So… wie maak vandag twee? ❤️🍎



🍎 Ma Rita se Droom Appeltert

Bestanddele:
* 1 blik tert appels
* 1 koppie koekmeel
* 1 koppie witsuiker
* 4 eetlepels botter
* 2 teelepels bakpoeier
* Knippie sout
* 3 eiers
* 65 ml melk

Metode:
Meng alles saam en bak teen 180 grade vir so 30 minute.

Ek het met ’n mes gevoel of hy gaar was, en dit was perfek!

🍯 Sous:
* 1 blik Idealmelk
* ’n Halwe koppie suiker
* 1 teelepel vanilla essens

Verhit die sous en gooi dit dadelik oor die tert.

❤️ En onthou… as jy dit bak, maak sommer twee. Een vir jou en een om weg te gee...

Want ’n bietjie liefde wat gedeel word, word nooit minder nie. ❤️🍎

🥧 Ek wil vandag graag my eenvoudige, bekostigbare hoenderpastei resep met julle deel.Ons is steeds in Hermanus en huur t...
25/08/2026

🥧 Ek wil vandag graag my eenvoudige, bekostigbare hoenderpastei resep met julle deel.

Ons is steeds in Hermanus en huur tans ’n klein gaste-selfsorg eenheid - dis ’n baie oulike tweeslaapkamer-eenheid, en ons maak die beste van ons tyd hier.

Die vrou van die huis se ma is egter baie siek. Sy is alreeds 94 jaar oud en sy versorg haar - vandag het ek besluit om vir hulle ’n hoenderpastei te maak.
My man het intussen ook ’n baie slegte migraine-aanval gekry en voel glad nie lekker nie, so ek het vir ons net ’n paar kleiner pasteitjies gemaak — ietsie eenvoudig wat ek en my 6-jarige seun kan geniet.

Maar kom ek deel die resep, want hierdie is regtig een van daardie eenvoudige, bekostigbare pasteie wat heerlik is en glad nie moeilik is om te maak nie.

Wat jy benodig:
* Hoender (ek gebruik altyd slegs filette, maar jy kan hoender of 'n heel hoender gebruik)
*Sampioene
*Ui
*Skilferkors deeg (ek het vandag Today se produk gekoop)
*Pakkie soppoeier
*Speserye om hoender te geur (ek het vandag Robertsons se Hoender speserye gebruik)
*Hoender aftreksel blokkie

Ek begin deur die hoenderfilette af te spoel, droog te druk en goed met hoenderspeserye te geur.

Dan plaas ek dit in ’n pot met water en ’n hoenderaftrekselblokkie en kook dit totdat die hoender regtig sag is — so sag dat ek dit maklik uitmekaar kan trek.
Ek trek die hoender uitmekaar en laat dit verder in die aftreksel kook, sodat die geur mooi ontwikkel en die vloeistof begin verminder.

Ek skep so 'n sop lepel van die vloeistof uit en laat dit eers afkoel. Wanneer dit koud is, roer ek ongeveer 1 eetlepel soppoeier daarby om die sous effens te verdik.
Jy kan eintlik gebruik wat jy in jou kas het — hoendersop, sampioensop of wit uiesop werk almal lekker.

Intussen braai ek my sampioene en ui in ’n pan. Ek gebruik geen olie nie en voeg sommer van die geurige hoenderaftreksel by om die sampioene en ui in gaar te maak.

Wanneer alles gaar is, meng ek die hoender, sampioene, ui en sous saam.

Ek laat die hoendervulsel goed afkoel.

Nou bou ek die pastei...

Ek het hier ’n oulike klein emaljeskottel in die kombuis gekry wat perfek in die lugbraaier pas.

Ek sny ’n ronde stuk skilferkorsdeeg en voer die skottel daarmee uit.

Sodra die hoendervulsel heeltemal koud is, skep ek dit binne-in die deeg.

Dan vou ek die deeg bo-oor die vulsel en knyp dit sommer in die lengte toe. Geen perfekte pastei nodig nie — dis mos ’n tuisgemaakte pastei. ❤️

Ek verf die bokant met geklitste eier en sit dit in die lugbraaier teen:
165°C vir ongeveer 16 minute.

En daar het jy dit.

’n Goue, bros, eenvoudige hoenderpastei — gemaak met baie min moeite en met bestanddele wat jy waarskynlik reeds in jou kombuis het.

En natuurlik het ek ook ’n paar kleiner pasteitjies vir ons gemaak.

Want soms is ’n warm, tuisgemaakte pastei al wat jy nodig het. 🥧❤️

Address

Pretoria

Telephone

+27661173820

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hannah Kook posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share