Die Geroeste Daisy

Die Geroeste Daisy Garden and Home Decor, Plants, Gifts, Stepping Stones, Compost, Potting Soil

05/05/2026

‼️⚠️BREAKING NEWS⚠️‼️

THE MINERAL AND PETROLEUM RESOURCES DEPARTMENT HAS ANNOUNCED STEEP FUEL PRICE HIKES FROM WEDNESDAY

⛽ 93 AND 95 PETROL WILL INCREASE BY R3.27 A LITRE
⛽DIESEL WILL JUMP BY R6.19 A LITRE.

Do you know streetwise legal ?
Don you know Bobby Gage

-backup

Legal


Media Detectives
fansStreetwise Legal

04/05/2026
Goeienaand julle,Hier is die spyskaart vir die komende week. *Maandag* : _Butter Chicken_ : Sagte stukke hoender borsies...
12/04/2026

Goeienaand julle,

Hier is die spyskaart vir die komende week.

*Maandag* :
_Butter Chicken_ : Sagte stukke hoender borsies in ’n romerige, lig gespeseryde sous met die kenmerkende botterige smaak. "Geen kerrie die keer nie: Bedien met geurige wit rys en ’n warm, sagte garlic naan broodjie.

*Dinsdag* :
_Herderspastei_ : Geurige maalvleis met groente, stadig gaar gemaak en bedek in n̈ laag kapok aartappels wat dan goudbruin gebak word. Bedien met ’n vars groen slaai en ’n vars gebakte rolletjie.

*Woensdag* :
_Pasta Alfredo:_ Penne pasta in ’n ryk, romerige Alfredo sous met garlic en parmesaan. Jy kan kies tussen ham of hoender, en ons voeg sampioene by as jy lus is (of los dit uit as jy nie lus het nie).

*Donderdag* :
_Salisbury steak:_ Sappige, gevormde bees "steak" in ’n ryk bruin uie gravy. Bedien met savoury rys en gemengde groente.

*Vrydag* :
_Dubbel bees burger_. Twee 100% bees patties met gesmelte kaas, en al die trimmings saam met goudbruin, skyfies.

Of… die groot een:

*Die Vrydag Vleis Vreter Vertroosting:*

’n 350g T-Bone " Medium gaar gemaak,", saam met 150g boere wors, goud bruin skyfies, vars koolslaai en ’n rolletjie teen R130.00 per porsie.

Onthou:
Alle aandetes vir April bly R60.00 per porsie.

As jy die hele week saam eet, werk dit uit op R55.00 per bord (vooruit betaalbaar). As jy Vrydag vir die "Vleis Vreter" aanbod gaan, trek ons jou R55.00 af van die R130.00.

Vir bestellings maak gerus gebruik van die skakel:
https://wa.me/27835988472

Goeienaand, liewe vriende,… volgende week Donderdag maak ons HOT CROSS BUNS. Sagte, spesery ruikende rollietjies wat jou...
27/03/2026

Goeienaand, liewe vriende,

… volgende week Donderdag maak ons HOT CROSS BUNS. Sagte, spesery ruikende rollietjies wat jou laat wonder hoekom dit byna net oor Paasfees geniet word.

Hulle gaan R25.00 wees vir ’n pannetjie van 6

" As jy soos ek is en nie van rosyntjies hou nie, kan ons ook pannietjies maak daar sonder"

As jy n̈ bestelling wil plaas , laat weet ons asseblief voor Woensdag oggend 10:00.

https://chat.whatsapp.com/KuxPcdliVSkCtExkzpPzmw?mode=gi_t

More julle,Dit is vandag weer tyd vir Burger Roulette. Gelukkig kan jy nie hier verloor nie!!Jou keuses vir vandag is!• ...
27/03/2026

More julle,

Dit is vandag weer tyd vir Burger Roulette. Gelukkig kan jy nie hier verloor nie!!

Jou keuses vir vandag is!

• 100% Bees Kaas Burger
• Geroosterde Hoender Burger ( Prego of Plain)
• Rib Burger met gebraaide pynappel.

Bedien met Skyfies, en gekrummelde uieringe.

R70.00 en jy’s gesort ..of ..voel jy roekeloos?

Maak hom dubbel, "met ander woorde 2 x patties en 2 x kaas", vir R90.00

Bestellings moet asb teen 10:00 in wees.
Afhaal tyd vanaf 15h00.

https://chat.whatsapp.com/KZ0llSbafcJJXvmBSJpwFg?mode=gi_t

Goeiemôre julle,Op die spyskaart vandag het ons gebraaide varktjoppies, "met ’n hoender opsie vir die wat eerder dit ver...
26/03/2026

Goeiemôre julle,

Op die spyskaart vandag het ons gebraaide varktjoppies, "met ’n hoender opsie vir die wat eerder dit verkies".

Dit word bedien met rys, gravy, soet pampoen en boereboontjies, en dié keer geen peper nie.

Prys is R70 per vol porsie.

Bestellings moet asb teen 10:00 in wees, afhaal tyd vanaf 16:00.

https://chat.whatsapp.com/KZ0llSbafcJJXvmBSJpwFg?mode=gi_t

Goeie Môre julle.Welkom by… die wêreld van suiker, room en absolute bederf.Ons begin vandag te bak vir Vrydag.Hier’s wat...
26/03/2026

Goeie Môre julle.

Welkom by… die wêreld van suiker, room en absolute bederf.

Ons begin vandag te bak vir Vrydag.

Hier’s wat vir jou wag:

- Lemon Meringue – R95.00 elk. 'n Sitrus-droom met wolke van meringue bo-op. So lig, jy gaan sweer jy sweef

- Melktert – R55.00 elk. Nie net een nie… ons praat van keuses:
1. Gewoon – vir die puriste
2. Peanut Butter – vir die rebelses
3. Salted Caramel – vir die dapperes
4. Tiramisu – vir die mense wat sê: “Ek verdien dit.”

- Dadel Ballietjies. - R30.00 p/6's of - R50 p/12's

- Chocolate Fudge koekies - R30.00 p/6's

- Peppermint Crisp Cups – R25.00 elk. Daai bekende bederf wat almal ken.

- Caramel Fudge Brownie Cups – R25.00 elk Ryk. Soet en gevaarlik lekker.

- Chocolate Éclairs – R25.00 elk. Elegant. Klassiek. En ja… jy gaan meer as een wil hê.

- Custard Slices R20.00 elk. Presies wat die naam sê.

- Kondensmelk vla tert - R70.00 elk

- Marshmallow tert - R70.00 elk

Net ’n vinnige gunsie julle. Om dinge vir die bakkers makliker te maak en te sorg almal kry lekker vars gebak, stuur asb julle bestellings voor 18h00 môre aand (Donderdag) deur.

Baie dankie, julle weet ons waardeer dit!

Bestellings kan hier geplaas word.

wa.me/27717736935

Want hierdie Vrydag…is nie net nog ’n dag nie. Dit is koekdag!!!

Hallo vriende.Dinsdag  se spyskaart:Romerige hoender lasagne: Lasagne noodles in lae gevul met hoender borsies, wit sous...
05/01/2026

Hallo vriende.

Dinsdag se spyskaart:
Romerige hoender lasagne: Lasagne noodles in lae gevul met hoender borsies, wit sous en 'n Mozzarella & Cheddar kaas duo.

Daarby word bedien, ʼn vars brood rolletjie en ’n groen slaai, net om alles mooi te balanseer.

R60 per porsie.
Bestellings moet asb in wees teen 10:00. bestel gerus op 083 598 8472
Afhaal tyd vanaf 16:00.

Soos altyd, dankie dat julle by ons tafel aansit.

Goeienaand Vriende,Môre bring ons ’n bietjie luuksheid op 'n Bun.Die Bacon en Pynappel Bees burger.’n Saad bestrooide ro...
03/11/2025

Goeienaand Vriende,

Môre bring ons ’n bietjie luuksheid op 'n Bun.

Die Bacon en Pynappel Bees burger.

’n Saad bestrooide rollietjie met ’n sappige bees patty, bacon, gebraaide pynappel en al die trimmings. Elke element werk saam soos ’n goed gestemde orkes, Hy is geurig en gebalanseerd. Bedien met goud bruin skyfies.

R49.99 per porsie.

Bestellings moet asseblief in wees voor 10:00. plaas gerus bestellings op 083 598 8472

Vakansie Pret by Die Geroeste DaisyKinders, sit nou die Playstation neer en los vir TikTok. Hier wag iets veel meer kleu...
04/10/2025

Vakansie Pret by Die Geroeste Daisy

Kinders, sit nou die Playstation neer en los vir TikTok. Hier wag iets veel meer kleurvol. Hierdie vakansie bou en verf ons nie net nie, ons gaan magic maak.

6 Oktober
Tuin Gogga Dag – Hier verf en versier jy jou eie skoenlapper of naaldekoker. Is jy die volgende Picasso? Wys ons.
Prys: R175

7 Oktober
Birdfeeder Dag – Jy verf en versier jou eie voëlhappie huis. Die duifies en mossies gaan tou staan om hom te besoek.
Prys: R185

8 & 10 Oktober
Klei Projek – Dis nie sommer ’n vinnige job nie, dis ’n twee-dae storie. Dag een bou jy óf ’n feetjie-deur vir jou muur, of ’n maan wat lig gee. Dag twee word daar geverf, gekamoefleer met mos, gestrooi met glitter en belig soos ’n rock konsert.

Alle werkswinkels sluit kos en ’n koeldrank in – want ’n honger kunstenaar mors net verf.
Tye: 12H00 – 15H00

“So, as jy d**k jy gaan net heel dag lê en YouTube kyk… nee wat, hier wag iets baie cooler! Maak seker jy bespreek sommer nou jou plek.

En ouers, julle hoef nie buite in die kar te wag nie. Julle kan saam kom kuier, dalk ’n stukkie koek of iets meer vullends van ons spyskaart af bestel. Kom kyk hoe jou blootjie se verbeelding sy eie pad stap, en dit sonder Google Maps.

Address

21 Kremetart Street, Cnr Homestead Avenue
Randfontein
1759

Opening Hours

Monday 09:00 - 16:30
Tuesday 09:00 - 16:30
Wednesday 09:00 - 16:30
Thursday 09:30 - 16:30
Friday 09:00 - 16:30
Saturday 09:00 - 13:00
Sunday 09:00 - 13:00

Telephone

+27823391779

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Die Geroeste Daisy posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Die Geroeste Daisy:

Share