Beatrix and Co. - Design Atelier v2

Call Directions Contact the business

Beatrix and Co. - Design Atelier v2 Vinyl printing and home decor

Die finale produk wat aan my kliënte gestuur is. 'n 45ml seshoekige glasbotteltjie, bloekom/wildeblomme heuning en 'n ee...
19/10/2026

Die finale produk wat aan my kliënte gestuur is. 'n 45ml seshoekige glasbotteltjie, bloekom/wildeblomme heuning en 'n eerste van die tipe botteltjie vir my.

Bygesê hierdie was 'n baie kort kennisgewing bestelling van 101 potjies en moes basies binne 'n naweek bestel en gemaak word - van vars heuning bestel, potjies en materiaal aankoop en sny, lint koop en sny, plakkers ontwerp, druk en uitsny, potjies vul, ordentlik seël (anders lek dit), sorg dat elkeen skoon is (anders lok dit miere), plakkers reguit plak, lappies opsit en met lintjies vasmaak, lepeltjies en bytjies vasmaak, verpak (stewig en met baie liefde), versend en bid dat dit heel aan die ander kant voor die troue uitkom.

Dit het!

Ek het onlangs die hempie vir 'n vriend se dogtertjie gemaak wat dit so graag vir een van haar klasmaatjies wou gee omda...
19/10/2026

Ek het onlangs die hempie vir 'n vriend se dogtertjie gemaak wat dit so graag vir een van haar klasmaatjies wou gee omdat hy in die hospitaal was en baie graag wou hê hy moes vinnig gesond word. Ek het die koste hiervan self gedra en net gesê dat ek baie gesondwordliefde saam dit vir hom stuur. Al die klasmaatjies het hul name self daarop geskryf en juffrou het dit gaan aflaai. 'n Paar dae later was die sosiale media van ons dorp vol met die nuus dat die maatjie sy kankerstryd verloor het...

My hart gebreek... ek verstaan nie hoekom dit moes gebeur nie en ek verstaan nie hoekom hy nie gesond kon word nie en ek wens soms dat ek nie betrokke wil raak by die tipe bestellings nie want my hart is heeltemal te "invested" om onaangeraak van die nuus af weg te stap. Ek het ook gehuil. Ek moet myself herinner dat so iets dalk die laaste "mooi" in 'n baie donker en seer tydperk vir iemand kon wees. Die Here het 'n doel met alles. Of jy die ouers van daardie klasmaatjie was of net die "simpel" ontwerper van die hempie was.

Ek is steeds dankbaar ek het dit gemaak en gestuur. Met baie liefde!

NS: dit was bestel met die opdrag dat dit in helder kleure moet wees en dat daar beslis 'n reënboog ook by moet wees 😊

Dis hoe die verpakking van 101 gastegeskenkies met heuning in lyk... elkeen word met die hand (eintlik 2 hande) gepak, v...
19/10/2026

Dis hoe die verpakking van 101 gastegeskenkies met heuning in lyk... elkeen word met die hand (eintlik 2 hande) gepak, verpak en toegedraai. Bestel by my en dan sien jy hoe mooi die verpakking lyk teen die tyd wat jy dit oopmaak! My liefde vir heuning en bye word by die dag groter!

Die finale produk sal in n aparte post geplaas word.

Verpersoonlike bestelling vir 'n gereelde kliënt. Hierdie tipe kliënte is van my gunsteling kliënte en ons eindig op om ...
19/10/2026

Verpersoonlike bestelling vir 'n gereelde kliënt. Hierdie tipe kliënte is van my gunsteling kliënte en ons eindig op om gewoonlik vriende te word.

Ek probeer om altyd die ekstra myl vir almal te loop!

From a Gender reveal invite to a DTF printed onesie...We were invited to a very special gender reveal and to create a me...
19/10/2026

From a Gender reveal invite to a DTF printed onesie...

We were invited to a very special gender reveal and to create a memory of the event they could keep forever, because this is not really something you take gifts for like you would with a baby shower, I used AI to help me create a design with Sweet Child O' Mine instead of the invitation details and it turned out amazing.

Without knowing, they included these words in the decor details too which made it even more special.

Almost anything is possible these days.

Btw, they are having a girl! 🩷

Had an order for 12 of these round 180ml jars and filled 6 of them with Bloekom honey and the other 6 with the most deli...
11/09/2026

Had an order for 12 of these round 180ml jars and filled 6 of them with Bloekom honey and the other 6 with the most delicious Orange Blossom. They went all the way to Dullstroom.

Filling another wedding favour order of 99 28ml jars with Bloekom honey this weekend. So grateful for the honey orders being so busy.

Een van ons seuns het onlangs 'n rooi SANBS waterbottel gekry nadat hy bloed geskenk het en omdat ek nog niks met rooi g...
08/09/2026

Een van ons seuns het onlangs 'n rooi SANBS waterbottel gekry nadat hy bloed geskenk het en omdat ek nog niks met rooi glitter gemaak het nie, moes ek natuurlik sy bottel daarvoor gebruik. Alhoewel dit na 'n helderrooi kleur lyk is dit eintlik 'n donkerder rooi. Baie mooi!

Ek wou baie graag die SANBS logo weer opsit en dit weer 'n laag resin gegee.

03/09/2026

Kyk die mooi glitter penne (swart ink) wat beskikbaar is!
Vir bestellings van enige produkte meer as R750 sal 'n gratis pen in hul boksie kry anders is hul beskikbaar teen R30 elk.
Verskeidenheid kleure glitter beskikbaar.

NS: verskoon die laptop agtergrond, ek kry dit nie anders mooi afgeneem nie 😊

28/08/2026

Hier is nog een van die nuutste skeppings uit ons ontwerpkamer en dis nog roosgoud ook. Nog glitter... Glitter 🤩

Dit is met epoxy resin geseël om seker te maak geen glitter raak verlore nie. Dit moet ook gehandwas word.

Pryse wissel afhangende van tipe glitter, waterbottel en ontwerp wat gebruik word. Hierdie bottel was verskaf wat die kliënt goedkoper uitgewerk het.

Hierdie bottel het 'n vriendin baie gelukkig gemaak.

28/08/2026

Hier is een van die nuutste skeppings uit ons ontwerpkamer. Alles word geglitter!! Julle, letterlik alles. Glitter orals...

Ons sit darem so bietjie epoxy resin bo-oor om seker te maak geen glitter raak verlore nie en sit dan 'n kaartjie by wat noem dat dit net gehandwas moet word.

Pryse wissel afhangende van tipe glitter, waterbottel en ontwerp wat gebruik word.

Hierdie bottel het 'n kleindogter van 'n getroue kliënt baie gelukkig gemaak.

Address

Randfontein
1759

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:00
Tuesday 08:00 - 16:00
Wednesday 08:00 - 16:00
Thursday 08:00 - 16:00
Friday 08:00 - 16:00
Saturday 09:00 - 13:00

Telephone

+27764223977

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Beatrix and Co. - Design Atelier v2 posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Beatrix and Co. - Design Atelier v2:

Shortcuts

Share

Category