03/03/2022
As jy nog nooit ...
In 'n winkel gestaan het, en goed uit jou mandjie moes haal, omdat jy nie genoeg geld gehad het nie.
Vir twee, drie, vier maande in 'n ry nie jou rekeninge kon betaal nie.
Jy elke aand in jou kinders se oë moet kyk en dieselfde tipe kos voor hulle moet neer sit.
Jy skaars genoeg petrol in jou kar het om tot die einde van die maand werk toe te ry nie.
Nie eers R2 in jou beursie gehad het om vir jou kind te kon gee vir snoepie nie.
Nie genoeg geld het om jou kinders se skoolfonds te betaal nie.
Dat jy nie genoeg krag het wat jy weet nie tot einde van die maand sal hou nie.
Wanneer jy nie 'n sent geld het om vir jou kinders 'n geskenk te koop of iets te gee vir hulle verjaarsdag nie.
Wanneer jy dit nie kan bekostig om vir jou kinders iets warm's te koop vir die winter nie. Al is dit net 'n sweetpak broekie of 'n langmou hempie nie.
As jy nog nooit deur enige van hierdie dinge gegaan het nie.
Dan het jy NIE die reg om vir iemand te sê "Alles sal okay wees nie ..." of "Moenie worry nie man, môre sal dit beter gaan!"
Jy het nie die reg om te sê dat, hoekom trek jy nie in 'n kleiner plekkie in nie ... Mmmm ... Want dit kos geld, arbeid ens ...
Hoekom verkoop jy nie jou kar en kry ietsie kleiner nie ...
Hoekom doen jy nie dit nie ... Hoekom doen jy nie dat nie ... Hoekom Hoekom Hoekom ...
Niemand ken 'n ander se omstandighede nie. Maar as jy vanoggend op gestaan het en jy kan by 'n winkel in loop en iets van die rak af haal sonder om twee keer te d**k.
Vir jou kinders die beste partytjie te kan gee, of R30 /R40 in hulle hand stop vir snoepie geld nie.
Jy nie bekommerd hoef te wees dat jou kind gaan koud kry of honger slaap nie.
Dan kan jy dankie sê!
Maar moet nooit in jou lewe weer vir iemand probeer raad gee as jy nie weet hoe dit voel nie!!
Daar is honderde gesinne wat emosioneel swaar kry, wat finansieël swaar kry agv 'n situasie wat hulle as gesin terug gesit het.
Wat elke moontlike situasie en scenario al deur ged**k het.
Hulle praat nie altyd oor hulle probleme om oplossings te kry nie.
Partykeer moet ons net luister na daai stem, al lyk dit of hul dit nie nodig het nie.
Jy sien ... party wys net wat die wêreld wil sien, soms wil die wêreld nie die waarheid weet nie.
Partykeer moet jy hulle net in jou gebede hou dat dinge vir hulle sal uit werk en op jou knieë gaan dat jou gesin nie nodig het om honger, vol bekommernis of koud te gaan slaap vanaand nie.
Waardeer wat jy het ♥️
Laat die son op almal skyn.
🌹🌹🌹🌹
GELEEN. DANKIE MICHELLE MIDDLETON