07/09/2026
Met groot hartseer neem ons by Wesalarms afskeid van Nico.
Nico was nie net βn kollega nie, maar iemand wat deel geword het van ons span, ons daaglikse roetine en ons Wesalarms-familie. Deur die jare was daar goeie dae, moeilike dae, meningsverskille en baie oomblikke wat ons saam gedeel het β maar vandag bly net die herinneringe oor.
Jou plek sal leeg voel, jou teenwoordigheid sal gemis word en jou naam sal nog lank in ons gange en gesprekke leef.
Ons is dankbaar vir die tyd wat ons saam met jou kon hΓͺ en vir die rol wat jy in Wesalarms gespeel het.
Rus sag, Nico. ποΈ
Jy gaan opreg baie gemis word.
Met innige simpatie en respek,
Die Wesalarms-span