03/12/2024
Ons woorde is min, ons dankbaarheid ongelooflik groot!
Vandag wil ons graag vir elke klient, verskaffer en personeel bedank vir 28 jaar se ondersteuning en rol wat elkeen van julle in ons besigheid gespeel het.
Niemand kan alleen suksesvol wees nie. Baie dankie aan almal wat ‘n invloed op ons lewens gehad het, daar was baie hoogtepunte – ons sal altyd elke herinnering koester!
Dit is vir ons ‘n groot voorreg en eer om na 28 jaar te kan aftree met ‘n hart vol wonderlike herinneringe.
Mag dit met almal goed gaan en soos Antie Stienie altyd gese het “Bye for now!”
Geseende Kersfees en ‘n Voorspoedige Nuwejaar.
Kwekery groete vir Oulaas
Sakkie en Ina Kloppers