12/06/2026
๐๐ข๐ญ ๐ข๐ฌ ๐๐ฆ๐ฉ๐ญ๐๐ฅ๐ข๐ค ๐ง๐๐ฐ๐๐๐ค!
Daar is iets baie spesiaals aan ons kusdorpe gedurende hierdie tyd van die jaar. Die dae is dalk โn bietjie korter en die luggie โn bietjie koel, maar dit maak die warm kaggelvure, die kuier om die kombuistafel saam met familie en die warm koppies koffie net soveel lekkerder.
Hierdie naweek gaan alles oor die "feel good" oomblikke:
- โn Stadige oggend sonder die gejaag van alarms (behalwe die sekuriteitsalarm, natuurlik!).
- Die vars reuk van die see lug tydens โn middagstap.
- Lekker kos en samesyn met die mense vir wie jy lief is.
Terwyl jy heeltemal ontspan, die wintersonnetjie opsoek en jou batterye herlaai, ry ons spanne in die agtergrond om oor jou hawe van vrede te waak. Ons is 24/7 op die pos sodat jou naweek gevul kan wees met niks anders as pure gemoedsrus nie.
Geniet โn pragtige, rustige en liefdevolle naweek, Struisbaai, Agulhas en Suiderstrand!