15/03/2026
🆘️🆘️🆘️🆘️🆘️🆘️🆘️🆘️
Help om Charlie op sy mediese fonds te kan hou!!!
🚨DIE STORIE VAN CHARLIE NIEMANN – ’N MAN WAT NOOIT OPGEGEE HET NIE🚨
Party mense ervaar een tragedie in hul lewe…
Charlie Niemann het al baie oorleef.
En tog… het hy nooit opgehou opstaan nie. 💔
⛏️ In 2002, terwyl Charlie ondergronds gewerk het vir Harmony Gold Mine, het ’n massiewe rots op hom geval.
Sy voet, veral die hak deel is verpletter.
Wat gevolg het was twee jaar van operasies, pyn en herstel net om weer te kan loop.
Maar Charlie het aangehou veg. 💪
💔 In 2009 het die dood weer aan sy deur kom klop toe massiewe bloedklonte deur sy longe geskiet het.
Teen alle verwagtinge…
het Charlie oorleef. 🙏
🏥 In 2020 het nog ’n groot slag gekom.
Bloedklonte het deur sy ingewande beweeg en Charlie was meer as vier maande in die hospitaal, geveg vir sy lewe.
Van daardie dag af was die lewe nooit weer maklik nie.
Charlie het elke dag geleef met pyn, ernstige dermprobleme en konstante gesondheidsuitdagings.
En tog…
Het hy steeds elke dag opgedaag. 🙌
🚗 Charlie se laaste werk was as voertuigverkoper by Manhattan Auto in Welkom, en selfs met pyn het hy steeds gewerk, mense gehelp en vorentoe beweeg.......Want dit is wie Charlie is, ons Chucky, Charles en ons hero!
⚔️ ’n Vegter, maar in Oktober 2025 het alles verander.
Charlie is in die hospitaal opgeneem met erge pyn en naarheid. Dokters het dermverstoppings en breuke ontdek en hy moes dringend geopereer word......Hy het nooit werklik van daar herstel nie.
Nou, vyf maande later, is Charlie net ’n skaduwee van die sterk man wat hy eens was. 💔
🦠 Sepsis het sy liggaam aangeval.
⚠️ Komplikasies volg een na die ander.
En 23 operasies later, veg Charlie nog steeds met alles wat hy oor het, maar selfs die sterkste vegters kan nie alleen veg nie.
Charlie se pad na herstel gaan lank en onseker wees, en dit is krities belangrik dat hy op mediese fonds bly sodat hy in die hospitaal kan bly waar hy die beste moontlike sorg ontvang.
Intussen dra sy vrou Des hierdie enorme emosionele en finansiële las. 🥺
Mediese fonds moet betaal word. Daaglikse uitgawes hou nie op nie. Die lewe staan nie stil wanneer iemand vir sy lewe veg nie.
🙏 Daarom vra ons ons gemeenskap om saam te staan en te help waar moontlik.
💳 Indien jy finansieel wil help:
Mrs D Niemann
Capitec Spaarrekening
Rekeningnommer: 2388672658
OF
Hands of Grace NPC
ABSA Spaarrekening
Rekeningnommer: 9391621291
📄 Skenkings aan Hands of Grace kan kwalifiseer vir ’n Artikel 18A belastingsertifikaat.
📞 Vir navrae of hulp kontak:
Chantel – 062 569 9776
As jy nie kan skenk nie, help asseblief deur:
🙏 Hierdie plasing te deel
🙏 Vir Charlie en Des te bid
Charlie het al soveel keer geveg om te oorleef…
Nou vra ons dat ons gemeenskap saamstaan en vir hom veg. 🤍