11/11/2026
KILO 9 SECURITY SERVICES – ONS GEE OM! ❤️
By KILO 9 gee ons nie net om oor die veiligheid van julle eiendom nie, maar ook oor julle welstand en dié van julle geliefdes.
Soos julle moontlik reeds weet, is breinvliesontsteking tans 'n ernstige gesondheidsorg en het dit ongelukkig reeds lewens geëis.
Ons wil julle daarom vriendelik versoek om asseblief waaksaam te wees, die simptome te leer ken en veral by kinders en babas op enige ongewone tekens te let.
Moenie simptome ignoreer of mediese hulp uitstel nie. Indien breinvliesontsteking vermoed word, moet daar onmiddellik mediese hulp verkry word.
Julle veiligheid, gesondheid en welstand is vir ons belangrik.
KILO 9 SECURITY SERVICES
Jou veiligheid. Ons prioriteit.